Daily Archives: 19/01/2009

Die Lae Lande

Ek het Eurostar kaartjies gekoop om in Februarie terug na België toe te gaan. Hierdie keer gaan ek vir ‘n paar dae in Gent met vriende bly en dan gaan ons vir ‘n nag na Amsterdam toe.

Elke keer dink ek dat ek ‘n bietije Afrikaans-Nederlands sal praat maar elke keer praat ek baie min so ek twyfel of hierdie besoek anders sal wees. Ek vind dit moeilik om die gesproke Vlaams te volg, dis te snel. Ek wil uitvind of die boekwinkels boeke oor die tale verkoop, miskien sal dit maklikker in die groot stede wees om iets te kry. Ongelukkig is die wisselkoers baie sleg vir ons wat ponde verdien so ek moet seker maak dat dit ‘n goedkoop verblyf sal wees. Miskien kan ons ook in Brugge wees maar beslis nie in dieselfde manier as die rolprent nie…