Die Lae Lande

Ek het Eurostar kaartjies gekoop om in Februarie terug na België toe te gaan. Hierdie keer gaan ek vir ‘n paar dae in Gent met vriende bly en dan gaan ons vir ‘n nag na Amsterdam toe.

Elke keer dink ek dat ek ‘n bietije Afrikaans-Nederlands sal praat maar elke keer praat ek baie min so ek twyfel of hierdie besoek anders sal wees. Ek vind dit moeilik om die gesproke Vlaams te volg, dis te snel. Ek wil uitvind of die boekwinkels boeke oor die tale verkoop, miskien sal dit maklikker in die groot stede wees om iets te kry. Ongelukkig is die wisselkoers baie sleg vir ons wat ponde verdien so ek moet seker maak dat dit ‘n goedkoop verblyf sal wees. Miskien kan ons ook in Brugge wees maar beslis nie in dieselfde manier as die rolprent nie…

2 thoughts on “Die Lae Lande

  1. nikita

    Eenkeer het ‘n vrou met haar twee kinders voor my by ‘n tube-stasie uitgestap en “Afrikaans” gepraat..toe ek haar vra van waar in SA sy is het sy gese dat sy van Belgie is en Vlaams praat! Ek was rerig verbaas en tot nou toe wonder ek…maar daardie “Vlaams” was op die klank na 100% Afrikaans, selfs die aksent! 🙂

  2. Alexander

    Die Vlaamse dialekte is beslis maklikker as Standard Nederlands om vir my te verstaan maar my aksent is ‘n bietjie af en ek ken nie genoeg woorde nie. Ek glo dis maklikker as Afrikaans jou eerste taal is, ek is nie gewoonte aan om die klanke te hoor nie.

    Ek het gister ‘n Nederlandse gesin in Starbucks gehoor en dit was moeilik om hulle te volg. Miskien het ek ‘n fout gemaak toe ek besluit het om Duits te leer, dit dalk beter sou wees as ek weer met Nederlands probeer het. Miskien sal ek een dag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam