Tag Archives: boeke

Twee nuwe Afrikaanse boeke

Vandag was ek in die sentrum en het na Grant and Cutler toe gegaan, wat ‘n baie goeie vreemde tale boekwinkel in Soho is. Ek het twee nuwe Afrikaanse boeke gekoop, Ons is nie almal so nie en Die Gruwelike Geskiedenis van die Wêreld. Die boekwinkel verkoop altyd ‘n paar Afrikaanse boeke en jy kan ook ‘n paar in Foyles kry, wat op die ander kant van Soho lê, maar gewoonlik is dit slegs André Brink en Harry Potter. Hulle lyk nie te moeilik te lees nie so nou moet ek eintlik hulle begin lees.

Toe het ek na die British Library toe gegaan om na die Codex Sinaiticus te kyk. Ek word nou baie geïnteresserd in ou bybelse boeke, nie vir godsdienstige redes nie maar dis wonderlik om na sulke antieke boeke te kan kyk wat vir soveel eeue oorleef het. Daar was ook ‘n paar Roemeense bybels wat in ou Roemeens met die Cyrilliese alfabet geskryf is, wat ek nie vroeër gesien het nie. Dit was baie interessant.