Category Archives: Frankryk

Terug aan die suid kus

‘n Paar week gelede het ons op vakansie na Nice in Frankryk gevlieg om in die son te sit en ontspan en om die mooi weer te geniet. Dis my vierde besoek na die area, maar my girlfriend was nooit daar gewees nie so het ek die verantwoordlikheid om te vir haar alles te toon.

Die oud stad, in Nice

Die oud stad, in Nice

Die oud stad van Nice staan goed bekend en dit voel, na my mening, soos ‘n tipiese Middelandse oud dorpie vol smal stegies en hoë geboue, tweetalige tekense op die hoek en Frans en Niçard, wat lyk asof dit nader aan Italiaans is dan Frans. Dit raak nie saak dat ons toeriste is nie want almal is toeriste. Niemand lyk cool op vakansie in die tweede grotste toeriste aantreklikheid van Frankryk so het ons net alles geniet.

Die hawe in Fontvielle et Stade Louis II in die agtergrond, Monaco

Die hawe in Fontvielle et Stade Louis II in die agtergrond, Monaco

Dis maklik om op die trein na Monaco en dan na Italië te ry. Monaco is vreemd, ryk en vol dag besoekers. Die land munt sy eie euro munte met die gesig van die prins. As jy versameler van munte en valuta is, dan wil jy ‘n euro munt kry. Die stad-land is baie besig en daar’s ‘n sterk verskil tussen oud, stille Monaco en moderne, nuwe Monaco van wolkekrabbers.

Die spoorwegstasie van Monaco Monte-Carlo

Die spoorwegstasie van Monaco Monte-Carlo

Op die ander kant, voel Italië en die stad Ventimiglia armer en stiller. Daar is veel minder toeriste en dié wat ons gesien het, was al Britte. Maar om deur drie lande in een dag te reis, is baie pret. Hierdie is die ware ervaring van Europese vasteland.

Ventimiglia in Italië

Ventimiglia in Italië

Onder is ‘n paar kiekies, die tipe wat net ‘n toeris sou neem. Ja, dis baie mooi aan die suid kus van Frankryk.

In Frankryk hoor niemand jy Afrikaans praat nie

Nadat ek terug van Gran Canaria gekom het, koop ek ‘n vliegkaartjie na Nice in suid-Frankryk. Ek het hieroor begin skryf maar ek besef dis nie so interessant soos ek sou verwag nie – ek het hierdie gesien, ek hierdie geëet, ek het hierdie mense ontmoet ensovoorts.

Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)

Die palmbome in die pad merk die grens tussen Monaco (links) and Frankryk (regs)

Wat ek geleer het, is dat ek verkies om op ‘n goedkoop, lo-fi vakansie te gaan. Ek gee nie om oor lekker hotels en restaurants nie so dit volg dat ek daarvan hou om op my eie te gaan reis. In die hostel was ek heeltemal anoniem, nog ‘n ander reisiger op ‘n goedkoop reis. Die personele vra niks oor jou nie, hulle is meer besig met die jonges wat toers met hul splinternuwe vriende wil boek.

Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte

Die hawe van Monaco vol miljoenêre se seiljagte

Eintlik was ek beïndruk met die jonges veral dié uit Australië of Amerika wat vir ‘n paar week gaan reis. Hulle lyk onbevrees en so pret om nuwe ervarings te geniet en nuwe makkers onder hul medereisigers te maak. Ek wens ek het hulle gehoud gestalte het toe ek as jong gaan reis het.

Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice

Wil jy in hierdie tipe dorpie bly? Net buite Nice

Ek was die mees gelukkig toe ek saans op my eie op die strand met ‘n blikkie gesit het, deur die stege vol bars en restaurants gedwaal het of toe ek uit die trein se venster uit kyk. Hoe mooi lyk die kus en hoe helder skyn die blou see. Ek verstaan hoekom soveel mense wil in hierdie area aftree. Ek wil terug gaan en ontspan ver van almal wat ek ken.

Nice, Frankryk

Nice, Frankryk

Wat pret was, was om per trein aan verskillende lande toe te gaan. Ek wou Monaco sien en toe die volgende dag vat ek die trein na Ventimiglia in Italië toe vir middagete. Ek dink hoe die inwoners voel as toeriste soos ek kom na hul stede toe en swerf die paaie en neem kiekies van hul huise, hul gewoonbuurt. Ons praat nie hul taal nie en sukkel in die restaurants om te bestel. Is hulle trots om in so pragtige dorpies to woon, waarheen buitelanders kom om te verwonder en om te droom om hier te bly.

Die strand van Nice

Die strand van Nice

Soveel Suid-Afrikaners kom na Londen en gaan op die naweek na Europa en ek weet nou net hoe maklik dit is, as jy die geld het en alles wil reël, om weg te gaan ontdek. Ek besluit nou om geld te spaar sodat ek later in die jaar weg kan gaan. Miskien volgende keer gaan ek ‘n paar op die treine deur die lande reis. Ek is nie ontdekker of reisiger nie maar ek wil nou meer van Europa sien. Dit raak nie saak as ek nie saam mense nuwe mense gesels nie, daar is soveel meer op my eie te siene.

Ventimiglia in Italië

Ventimiglia in Italië

Ek moet seker ‘n toeristgids koop met die basiese uitdrukkings en woorde in die inheemnse taal sodat ek ‘n bietjie kan kommunikeer. Niemand blyk Afrikaans te praat nie, die hele besoek het vir my bevestig.