Frankryk en die see

Hierdie jaar het ek reeds op drie keer oorsee gegaan en ‘n paar week gelede het ek na die Franse stad Saint-Malo gegaan. Dit is ‘n beroemde stad aan die see, wat trots op sy Keltiese geskeidenis staan bekend; orals sien jy die swart en wit Bretonese vlag wat dikwels saam met ander Keltiese vlae wapper. Ek kan nie sê of ek ooit Bretons hoor praat het nie – ek sou nie kon weet nie – maar die name se oorspronge verwys hierna.

Mont Saint-Michel

Mont Saint-Michel

Die plan van die vakansie was om Mont Saint-Michel te besoek, en die waarheid is dat dit meer indrukwekkend is as ek verwag het. Bo-op ‘n reusagtige berg in die see staan mure en ‘n groot kerk en klooster. Dit is ‘n geheilige eiland as die gety hoog is. Toeriste uit veel lande (soos ons) en religie kom om rond te stap en te klim, en oor die baai en die see te kyk.

Vlae wapper in Saint-Malo

Vlae wapper in Saint-Malo

Saint-Malo homself bestaan uit ‘n moderne stad en ‘n ommuurde ou stad, waarin ons gekuier het. Die strate is smal en vol bars en restaurants en toeristwinkels. Hier wil ‘n mens kom eet en drink in die sonskyn en die hitte. Ons stap langs die stadsmuur en op die strand en ‘n bier drink. In hierdie tipe weer is dit baie mooi en, alhoewel dit nie so warm soos die Mediterreense is nie, alles is stil en dit is nie vol mense nie.

Fort National in Saint-Malo

Fort National in Saint-Malo

As die gety laag is kan jy na die rotse in baai loop, waar Fort National en die historiese fort op Petit Bé staan. Ek hou baie van seeforts, soos diegene in Jersey of Malta. Seker is dit stad een van die mooiste in Frankryk wat elke jaar duisende besoekers lok.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam