‘n Rots aan die rand van Europa

Die weer raak nou kouer en donkerder en die Kersfees vakansietyd kom nader aan so natuurlik vat ek ‘n week se verlof en reis oorsee vir ‘n paar dae en vlieg na Gibraltar om in die son te sit en te ontspan.

Gibraltar

Rots en son, Gibraltar

Die hotel homself is in Spanje gelë omtrent 200 meters van die grens. Dit herinner my vir een rede na Raccoon City uit Resident Evil want dit was so groot, leeg en stil sonder amper enige ander gaste. Miskien kan slegs ‘n paar mense ‘n vakansie op hierdie punt van die jaar neem of miskien wil niemand kom nie. Ek het vriende gevra maar net een kon saam met my kom. Seker voel Gibratlar asof dit nie besig is nie. Duisdende werkers uit Spanje stroom elke dag oor die grens maar die toeriste is skaars en die winkels en restaurante is leeg. Ja, dis herfs of winter nou en ek vermoed in die somertyd is besoekers volop en die hotels vol.

Die ooste kant van Gibraltar

Die ooste kant van Gibraltar

Die sentrum en hoog straat lyk onindrukwekked, maar dan loop jy ‘n bietjie bo-op die rots en besoek jy die kleiner strate en hier sien jy die historiese geboue en wonings met stoepe wat jy in die Middellandse lande verwag te siene. Hier hoor jy families wat Engles of Spaans of Arabies of Hindi praat. Jy vergeet die rots is nie net ‘n little Britain in the sun wat geen belasting wil betaal nie, maar dis ‘n bevolking vol verskillende gemeenskappe, tale en godsdienste. Daar’s kerke, moskees, sinagoges en Hindoe tempels. Daar’s sy eie Britse identiteit wat alles insluit.

Ek gesels met 'n magot of berber-aap

Ons gesels oor die Withdrawal Agreement en niemand is beïndruk nie

Die plaaslike valuta, die Gibraltar pond, is in die waarheid die Britse pond maar die muntskukke is anders en word nie meer in Brittanje aanvaar nie. Ek vergeet om alles te spandeer voordat ek weg en ek het nou ‘n sak vol geld wat ek kan nie in Londen gebruik nie.

'Magot of berber-aap in Gibraltar

‘n Magot of berber-aap in Gibraltar

Ons loop die beroemde Rots van Gibraltar op want ons wil nie betaal om in ‘n taxi te sit nie. Ons kom besoek, so kom ons loop en kyk. Dit uitsig is asemrowend met die sonkyn se weerkaatsing op die baai, wat vol skepe is. Hoe blou die hemel lyk en hoe vers die lug smaak en hoe stil alles klink. In die afstand sien jy Marokko en Ceuta op die Afrika vasteland. Hoe hoër jy klim, hoe meer magots of berber- ape jy vind, waarvoor die rots welbekend ter die hele wêreld is. Hulle is pret en gee nie om oor al die mense met hul kameras wat rondom staan en kiekies neem nie. Hulle veg onder mekaar en klim die bome en eet vrugte.

Europapunt, Gibraltar

Die rots en die moskee by Europapunt

Aan die suidste punt is Europapunt gelë waar ons sien die vuurtoring en die groot moskee. Ook word die nuwe voetbal-stadion gekonstrueer wat seker ‘n lekker lokasie is. Die houersskepe vaart verby en alles voel baie ver weg.

Ceuta

Ceuta – Spanje en Afrika

Toe het ek met die veerboot uit Algeciras na Ceuta gery, wat ‘n Spaanse enksklawe en stad wat aan die kus van Marokko en Afrika gelë is. Soos Gibraltar, dis ‘n ander geo-politiese anomolie en só sê die man in die hotel toe ek vra of dit regtig die moeite werd is om te besoek. Ek wil lankal besoek want dit lyk anders maar miskien sal ek teleurgestel raak as ek uiteindelik besoek. In die waarheid voel dit nes ‘n ander Spaanse hawe dorpie in die suid van die land met twee invloë, beide Spaans en Christelik en die Arabies en Islamees. Gaan besoek as jy wil së jy vir ‘n kort rukkie op die Afrika vasteland gebly het.

'n Fort in Ceuta

Antigua Cárcel De Mujeres de Ceuta

Ongelukkig kan ons nie Marokko besoek nie. Die grens heining tussen Spanje en Marokko ervaar baie lange toue weens die aantal migrante wat onwettig oor die heining wil klim en in Europa vir werk wil kom. Die twee lande baklei hieroor. Die grens tussen Gibraltar en Spanje het dikwels sy eie probleme en soms ervaar mense baie lang vertragings, maar hierdie is heeltemal anders. Ons besluit net om in die stad te dwaal en koffie drink.

Bloed rooi wolke

Bloed rooi wolke

Aan die einde van November voel die son en warmheid baie mooi. Daar is seker meer om te maak en te sien maar niemand kan die toekoms voorsien nie en wat dit vir Gibraltar sal bring nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam