Dinge oor die webblad

Dikwels toe ek skryf weet ek dat niemand sal lees of ‘n kommentaar sal los nie. Ja, ek weet goed. Dis g’n probleem nie want ek skryf vir myself en ek wil nie veel doen om hierdie te bevorder nie so kry ek wat ek verdien. Dis seker stiller as in die verlede maar soos ek dikwels skryf, ek dink die blog toneel het uit gesterf saam met Nokia en 2G – te veel woorde, te min foto’s.

Ek teken in vanoggend by een van my e-pos addresse wat ek selde lees en daar sit ‘n e-pos van ‘n leser in Suid-Afrika wat per geluk die blog gevind het. (Tik “Afrikaans blog” in Google en ek is glo vyf op die lys.) Sukses! Baie dankie. Dit laat my onthou hoekom ek hierdie skryf. Dis goed om vir jouself te skryf maar ‘n bietjie terugvoer word altyd baie gewaardeer.

Gevolglik kan jy nou ‘n nuusbrief ontvang, kyk regs.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam