Daily Archives: 27/02/2014

Hoe ons skryf

Ek het onlangs ‘n paar nuwe artikels of saadjies op Wikipedia geksryf, wat my belang in die antieke Midde-Ooste, veral uitgestowe tale, wys. Okei, hulle is kort artikels, maar ek het dit baie geniet. Ek het nou ‘n lys onderwerpe waaroor ek wil skryf, om nuwe artkiels aan Wikpiedia by te voeg. Ek het voorheen geskryf dat ek wil die Wikipedia laat groei en hê dat mense oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe in hulle eie taal kan lees en leer.

Een aspek hiervoor waarvan ek baie hou, is om nuwe grammatika konstruksies te leer en gebruik. Ek soek aanlyn vir voorbeelde, byvoorbeeld ander artikels en ander geskrywe, om die regte gebruik te vind. Ek is gelukkig nou hoe maklik dit is om navorsing te doen, sonder om hiermee te sukkel. [Eintlik, ek glo ek het alreeds hieroor geskryf so ek moet seker nuwe idees begin kry!]

Ek wonder of mense nuwe Wikipedias wil begin skryf in uitgestorwe tale soos Akkadies, Elamities, Amorities en Oegarities of miskien in Siries, wat daal. Ek weet dis ‘n tipe hipster ding om te doen (wat geen rede is nie om te doen nie), maar daar bestaan een in Oudengels. Hierdie tale is onder die oudste geskrewe tale ter wêreld wat taalkundiges in vorige eeue ontsyfer het en daardie feit laat my die mees beïndruk. Miskien is dit baie onrealisties maar ek glo ander mense sou ook dieselfde dink. Wigskrif is deur soveel nuwe skrifte vervang en die rekenaar en internet is nog ‘n nuwe een.

Akkadiese wigskrif

Akkadiese wigskrif