Daily Archives: 11/02/2014

Die Lae Lande

Ek maak nou planne om weer in die komende maande na België, Luxemburg en Nederland toe te gaan en ek word nou opgewonde. Dis vir die gewone rede en dit gaan goed wees om vriende weer te sien en om in gesproke Nederlands te hoor. Dit lyk dat ek vir ‘n paar ure in Amsterdam gaan bly so hierdie keer wil ek die Rijksmuseum besoek.

Saterdagaand het die BBC Salamander uitgesaai, ‘n Nederlandstalige misdaad-speurder program uit België. Ek het baie geniet om Nederlands te hoor, dis so selde dat ‘n mens dit op televisie of in flieke hoor.

Op die oomblik is Skandinawiese misdaad televisie baie populêr, die sogenoemde Scandi-noir. Persoonlik raak ek baie gatvol om altyd daaroor te lees; dis ‘n lui en middel-klas ding om te sê waarvan jy ‘n fan is – veral as jy internet dating profiele lees, wil al die vroue hulself daarmee assosieer. Miskien is dit die alomteenwoordige gebruik van die voorvoegsel Scandi op enige geleentheid in amper enige artikel in die koerante wat my pla. Die programme wat ek gesien het is goed maar dit lei tot ‘n ander probleem dat mense begin praat asof hulle ‘n ekspert is, asof slegs Skandinawië uitstekende programme verfilm. Daar is soveel uitstekende televisie uit soveel verskillende lande en tale, nie net uit een deelte van Europa nie.

So wat het mense oor Salamander gedink? Die BBC wil beslis hê dat dit die nuwe Scandi-noir word. Dit was miskien ‘n bietjie stadig maar daar’s veel meer episode om te kyk. Ek het Twitter gelees en mense het gekla oor die tekort aan vroulike karakters daarin – wat heeltemal anders as Scandi-noir is, en dié is een groot rede vir die programme se gewildheid hier.

Die ander interessante ding was wat mense oor Nederlands dink. Dis nie ‘n groot taal nie. Mense op Twitter het grappies gemaak maar terselfdertyd sien jy wat mense dink. Dit herinner my aan elke keer ek ‘n vreemdetaal klas neem. Mense sê trots hoe hulle ‘n paar vloek woorde ken en dan grinnik hulle. ‘n Paar mense is deurmekaar dat Frans nie die taal is nie. ‘n Paar skryf hoe hulle nou vloek woorde in Nederlands asook Deens en Sweeds ken.

Ja, ek het op veel kere hieroor gekla en daar’s niks ons kan daarmee doen nie. Op die ander kant, ken ek nou die Afrikaans woord vir salamander, koggelmander.