Hulle noem haar Jane

Woesndagaand het Jane van The Afrikaans Challenge ontmoet toe sy in Londen vir die dag was. Ek ontmoet selde ander leerders so was dit ‘n interessante geleentheid om ‘n bietjie Afrikaans met ‘n ander leerder te praat. Gewoonlik gesels ek met óf Afrikaanssprekers óf Suid-Afrikaners wat ‘n bietjie Afrikaans ken, maar hierdie keer was ons beide leerders. Ek wonder dan in hierdie soorte situsies watter tipe, en hoeveel, foute ek maak, of besef ek dat enigiets verkeerd sê? Op die ander kant is die meer belangrike ding om te kan kommunikeer en as mense my kan verstaan dan is ek nie so bekommerd nie.

Ons het nie so veel Afrikaans gepraat soos dalk ons wou hê nie, maar sy het ook vir my ‘n bietjie oor haar plan vertel om ‘n road trip deur Suid-Afrika te maak wat verduidelik hoekom sy Afrikaans wil leer. Die plan klink fantasties, om deur die hele land te ry, en om ‘n nuwe land te ontdek. Ek is nou jaloers so moet ek my eie planne maak om uit te gaan. Ek is eintlik meer jaloers op hoe goed sy Afrikaans praat na net ‘n paar weke, dis veel beter as ek op dieselfde stadium kon praat. Dis net ‘n jammer dat ons vergeet het om ‘n foto van ons twee af te neem.

Op my komende besoek na Leeds moet ek ‘n plan maak om Fredrik te ontmoet, ‘n leerder uit Sjina wat nou in die stad bly. Dit lyk ook ek sal in die komende weke Ken ontmoet, wat ook ‘n groot plesier gaan wees. Stadig ontmoet ek al die ander leerders, baie cool.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam