Daily Archives: 28/05/2012

Tando, die Tandmuis van Muizenberg

Ek het onlangs ‘n e-pos van my vriend Sybrandus Adema af gekry oor sy kinderboek, Tando, Die Tandmuis van Muizenberg. Op my verlede besoek na Suid-Afrika kuier ek vir ‘n paar dae by Sybrandus in Kaapstad en een dag toe ons op pad Kaapse Skiereiland toe was vertel hy vir my oor sy boek en sy planne. Elke paar maande het ek aan hom geskrf en gevra wat’s nuut met jou boek, so dis goed om te sien dat dit nou beskikbaar is. Ek word hierdie week betaal so dan gaan ek my eie kopie koop.