Daily Archives: 20/11/2011

Hersiening

Komende week skryf ek weer CIMA eksamens. Hulle kom twee kere elke jaar in Mei en November. Hierdie maand het ek vir my hele vrye tyd hersien.

Oorspronklik het ek by die huis probeer studeer maar ek het stadig besef dat ek te maklik afgetrokke word en toe gaan ek tee maak of op die rekenaar speel en toe altyd kom die katte om op die tafel te sit so bereik ek niks.

Nou gaan ek BPP toe in die stad waar ek my klasse neem. Gewoonlik gaan ek ‘n paar aande na werk en dan ook vir ‘n paar ure Saterdag en Sondag. Ek begin die ander studente leer ken of seker erken – wel ons vergeet almal se name en is te Engels om te vra – en ons praat oor die moeilikhede met die kursusse. Nou is almal baie besig en studeer die hele dag. Vandag en gister was ek 8.30vm by BPP om ‘n sitplek te kry en het nie tot na 7nm verlaat nie, kan jy dit glo! Almal sit nou in stilte en skryf oefen eksamens en vrae, dis baie motiviseering om met almal anders te studeer. Ek dink niemand het genoeg dissipline nie want ons moet in ‘n kamer sit om seker te maak dat ons die werk doen. Natuurlik het almal iPhones en HTCs so speel ons daarop maar dis veel beter as om in die biblioteek of by die huis te studeer.

Gaan ek slaag? Ek weet nie maar ek dink almal is op die oomblik vol twyfel. Ons kan net wag tot ons die vrae sien voor ons begin wanhoop!