‘n Stad met veel tale

Koerante

Vir elke taal 'n koerant

Vandag loop ek by Charing Cross stasie en buite is al die gratis vreemde talige koerante wat beskikbaar in Londen is. Dit sluit Russies, Italiaans, Bengaals, Litaus, Portugees, Spaans, Roemeens, Frans, Arabies en Pools in en ek weet daar’s veel meer maar ek is onseker watter ander tale. Daar was ook ‘n Duitse koerant maar ek vergeet nou die naam. As daar genoeg mense is, is daar gewoonlik ‘n koerant maar ongelukkig het die Afrikaanse koerant Die Stem ‘n paar jare gelede gevou so lees ons nou ‘n half-blad elke week in The South African.

Gisteraand gesels ek met vriende oor die “wêreld stede”. Na ons mening is daar tans net twee, New York en Londen. Wat ons bedoel is, kan jy in hierdie stede mense vind wat uit elke land in die wêreld kom. Ek werk nou in Elephant and Castle en dis die sentrum van die Colombiaanse gemeenskap in Londen. Daar’s ‘n restaurant, deli en klein winkel en dis vol mense uit al die Suid-Amerikaanse lande en jy hoor veel mense wat Spaans praat. Daar’s ook ‘n Poolse restaurant – dis smaaklik – en kos winkels uit Wes-Afrika lande en die Karibiese eilande en naby is daar ‘n Boliviaanse restaurant. Soos jy sou dink eet ek nou soos ‘n konig as ek by die werk is!

So bly ek nou al 12 jare lank in Londen en ek moet nuwe tale begin leer sodat ek elke geleentheid kan neem om hulle hier te praat. Nou moet ek net besluit wat ek wil leer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam