Daily Archives: 17/07/2011

My entoestiasme vir Afrikaans kom terug

Vrydagaand en gisteraand was ek in die kroeg met ‘n paar Afrikaanse vriende en ek sê hoe onlangs praat ek baie min Afrikaans. Ek vind nou baie min geleenthede en ek begin weer my lus vir die taal verloor. Dis niks nuuts nie, net elke paar maande praat ek so min Afrikaans dat ek daaroor begin vergeet dus was dit baie lekker om met mense Afrikaans weer te praat.

Een weg hoe ek Afrikaans lees, is op Twitter. Vroeër kon ek nie Twitter verstaan nie, dit het geen sin gemaak nie maar nou het ek ‘n iPhone en so kan ek orals lees. Ek volg veel Suid-Afrikaanse en Afrikaanse Twitter feeds, soos Beeld, Nuus 24, bands, musikante, politici, joernaliste ens. Dis ‘n lekker weg om ‘n oog op Afrikaans en Suid-Afrika te hou en om ook nuwe woorde te leer.

Gister toe ek op die train Winchester toe was het ek hierdie berig gelees, In ‘n klas van sy eie:

In die Paarl staan die Taalmonument van beton en graniet. In ’n klaskamer met lendelam stoele êrens in Soweto is daar nóg ’n monument vir Afrikaans – een van vlees en bloed. En sy naam, skryf DANIËLLA DU PLOOY, is Victor Khambule. CORNEL VAN HEERDEN het die foto van sy weeklikse taalles geneem.

“Ons gesels uitbundig; ons drink boeretroos; almal hier deel die liefde vir die taal.”

Lees meer…

Dit herinner my ‘n bietjie aan die Afrikaanse Taaltoer en was so interessant om te leer oor mense se pogings on die taal te leer en te aanhou praat. Dit wys die aspek wat vir my die belangrikste is, dat Afrikaans ‘n lewende taal van miljoene is, een van die elk amptelike tale in die land. Ek voel nou meer positief en entoesiasties om die taal te leer want ek sien hoe mense in die land wil dit leer want hulle hou daarvan en wil in Afrikaans kan kommunikeer. As hulle dit wil doen, wil ek dit ook doen. Ek is dankbaar aan hulle entoesiastieheid en op die oomblik het ek nodig iets om my te inspireer.

Oh ja, jy kan my op @alexanderord volg.