Die naweek en ander verhale

Vrydagaand het Kathryn (my vrou) en ek na Chakalaka gegaan, dis ‘n Suid-Afrikaanse restaurant in Putney. Ons het baie lekker geëet en Kathryn het besonders van boerewors en volstruis gehou. Dit was miskien nie so goed soos dié Duitse restaurant in Keetmanshoop of dié baie mooi plek in Kakamas waar ek in die somer geëet het, maar dit was nog baie goed. As iemand in die nuwe jaar wil gaan dan laat ons dit reël.

Sondag was ons Kersfeesmaaltyd omdat Donderdag vlieg Kathryn na Argentinië en Brasil toe met vakansie. Sy word nou opgewonde om te gaan, hoofsaaklik omdat die weer veel beter sal wees! Wanneer sy weg is gaan ek by Crisis Christmas werk. Gister het ek na ontmoeting gegaan om ‘n bietjie meer inligting uit te vind. Ek is bly dat ek besluit het om dit te doen en ek dink dit sal ‘n baie positiewe ervaaring vir my wees.

Vandag kyk ons na Battlestar Galactica, dis op die oomblik ons gunstlige TV programma en ons moet seisoen 4 kyk voordat sy verlaat vertrek. Ons sal slaag maar ek vrees dat ons oë baie seer sal wees!

9 thoughts on “Die naweek en ander verhale

  1. Eben van Renen

    Junne boet! Jou Afrikaans verbeter elke keer! Hierdie inskrywing is byna foutloos!
    Daarom kan ek nie help om jou te wil reghelp met ‘gunsteling’ en ‘program’ nie. En in die konteks van die tweede laaste sin:
    “…voordat sy vertrek.”

    Op ‘n ander noot: Hier in ons dorp is ‘n yslike Ford 4X4, splinternuut en swart, met die Battlestar Galactica naam orals oor dit, professioneel gespuitverf. Iemand hier is ‘n groot aanhanger. Ek lees nou die dag iemand het teen die bakkie verongeluk, terwyl dit langs die pad gestaan het, en die oortreder het nie eens ‘n nota gelos nie! Die BS bakkie se eienaar was woedend genoeg om ‘n brief vir die plaaslike koerant te skrywe.

    Ek’s bly Kathryn hou van boerekos. Ons werk net soos die Borg van startrek. Assimileeeeeeerrr…..
    “Weerstand is vergeefs”

  2. Alexander

    Goed om weer van jou te hoor. Ek hoop dat alles goed is nou nadat julle verhuis het.

    Ek was nie seker wat die regte woord is nie, maar ek het eintlik vermoed dat “vertrek” die regte een is.

    Ja, Kathryn was baie beïndruk met die kos, veel vleis! Daar’s ‘n dorpie ou Boere in Argentinië en ek het haar gevra om ‘n bietjie meer oor hulle te probeer uitvind as sy daar is.

    Ek het nie van die Tassie Projek vergeet nie. En ek het nie ook die foto’s vergeet nie!

  3. Christine

    Nooi jou ons almal vir ete, of wat? Ek’s daar!

    Ek’s ook baie geintereseerd in die boere van Argentinië. Het nog altyd gedink ek sal hulle opsoek as ek in Suid-Amerika kom. Dit klink of hulle bietjie in afsondering daar lewe (of laer getrek het, kan jy maar seg). Jy kry seker maar dieselfde tipe mense as in die verre Noord-Transvaal. Maar dis steeds fassinerend. Die een ou wat bietjie navorsing oor hulle gedoen het, is toevallig ‘n Argentyn wat homself Afrikaans geleer het.

  4. Alexander

    Ja ek sal beslis almal nooi, so ons moet ‘n datum kies wat almal goed pas. Waar bly of werk jy? Ons sal ‘n plan maak!

    Daar’s ‘n ou op die learn-afrikaans yahoo! groep wat uit Argentinië kom en hy het, ek dink, ‘n bietjie navorsing gedoen. Miskien is hy dieselfde ou. Ek het my vrou gevra om ‘n bietjie meer oor hulle vir my uit te vind maar ek twyfel sy sal onthou!

  5. Christine

    Ek bly in Morden en werk in Swiss Cottage. So ek het nie ‘n probleem om enige plek in Londen te travel nie. Maak dit miskien iewers tussen die 19e Januarie en 10e Feb.

    Jy kan nie jou vrou kwalik neem as sy gaan vergeet nie. Maar dis nice van haar om voor te gee dat sy sal probeer!

  6. Alexander

    Ons sal ‘n dag tussen daai datums kies. Johan van Die Moddereiland Potgooi (op my skakellys) wil saam kom en daar’s ook ‘n ander een of twee. As jy mense ken wat miskien wil kom dan hoe meer hoe beter.

  7. Christine

    Reg so. Email my maar nader aan die tyd: christinevdm at yahoo dot com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam