Daily Archives: 27/12/2008

Die tweede dag na Kersfees

Een aspek van lewe in die moderne, groot stede is dat dit nooit heeltemal stil is nie. Dit word stiller, maar nooit doodstil nie. Jy sal miskien dink dat Kersfees die een dag is wanneer alles toe en stil is maar jy is verkeerd. Die paaie en strate is nie leeg nie, die verkeer ry verby en daar’s altyd ‘n paar winkels en cafés wat oop is. Hulle is meestal Turkse of Koerdiese winkels maar vir veel nie-Christene mense is 25 Desember nog een ander dag. Ek het my fiets in Green Lanes en Finsbury Park gery en daar was mense wat loop, wat fietsry, motors ry en polisiekars sirene lui. Net soos op Sondae, hierdie stad slaap nie.

Woensdag het ek by Crisis Christmas gewerk. Die sentrum is nie ver van my huis af nie en almal was opgewonde om te werk en om die gaste te help. Ongelukkig was dit eintlik baie stil; daar’s ‘n paar ander sentrums wat huiselose mense gebruik en die plek was miskien ‘n bietjie te ver van die stadsentrum af. Ek het die dag baie geniet en dit was so interessant om ander vryvilligers te ontmoet en uitvind hoekom hulle wou werk. Ek werk ook weer vandag met ‘n kollega.

Toe was ek kroeg toe met vriende. Kroeë was oop tot laat en ‘n paar was selfs oop om Kersfees. Ek het baie laat om Oukersaand huistoe gekom en daar was nog veel mense in die kerke en op die strate. Hulle vier en jol en alles was baie vriendelik.