“…it pays my way and it corrodes my soul…”

Ons is almal lief vir werk. Dis so lekker om vroeg op te staan en om met die trein of bus met duisende ander mense te ry. Dan spandeer jy ure in die kantoor, kyk elke paar minute na die horlosie en teken die ure, minute en sekondes tot die keer kom wanneer jy mag verlaat. Hardloop die hele weg huistoe en gooi jou werk klere af, jy is nou weer vry!

Soms voel ek dat ‘n persoon ‘n verhoging in werk kry net deur ‘n gawe kêrel te wees, soos ‘n beloning vir vorige werk wat jy gedoen het. Het jy die regte kwalifikasies of bekwaamhede om die werk te doen? Dit raak nie saak nie. Die regte persoon is miskien net dié persoon wat bereid is om die werk te doen. Jy is gekies om die werk te doen en tensy jy heeltemal afskuwelik of heeltemal dom is, is die werk joune en jou baas sal bly met die feit wees dat hy of sy moet nie ‘n nuwe oke vind nie.

In die huidige wêreldwye geldelike situasie moet ons almal gelukkig wees om werk te hê. Nou is nie die regte keer om te kla of bedank nie. Dis beter om vas te hou, maak jouself seker in jou werk en wys dat jy die werk doen. Vermy werkloosheid en die kans daarvan. As jy in die kantoor loop maak seker dat jy altyd ‘n werkboek of papier in jou hande hou om te hê dat jy besig verskyn, jy mag loop waarheen jy wil om werk pligte te ontduik. Niemand weet anders nie.

So wat beteken alles? Miskien is ek net moeg. Dis nou laat Desember en ek, soos almal, wil net lekker rus. En ja, ek ook mag nie oor my werk te veel kla nie. Die salaris is goed, daar’s werk sekerheid en dis amper interessant. Daar’s ook klompie dinge wat ek moet doen voordat ek Kerfees vier. Dinge wat ek beloof het dat ek sal voltooi maar ek weet goed dat hulle tot 2009 sal moet wag voordat ek selfs begin dink om te doen.

Miskien moet alles nou tot 2009 wag.