Daily Archives: 11/10/2008

Om Afrikaans te skryf

Ek het onlangs met Johan van Die Moddereiland Potgooi gepraat en ek het gesê dat ek ‘n bietjie bekommerd is oor om foute te maak wanneer ek Afrikaans skryf. Johan het vir my gesê ek moet nie so bekommerd wees nie en hy is reg. Daar’s veel mense wat Engels met foute skryf maar ons kan tog verstaan.

Gisteraand het ek my hele blog gelees. Ek het in September 2006 begin skryf en toe ek dit lees, onthou ek so veel verskillende dinge en ek besef net hoeveel ek geniet om Afrikaans te skryf. Ja, daar’s spel- en grammatikafoute maar tot dusvêr het niemand gepla of my daaroor gekritiseer nie. Ek wil amper vlot Afrikaans kan praat maar sonder genoeg oefening sal ek nie dit bereik nie.

So sê vir my, wat is die regte – of beter – Afrikaanse woorde vir dié onder:

  • a blog
  • to comment
  • a post
  • an update
  • to update

As daar geen goeie Afrikaanse woorde is nie dan laat ons een maak. So vêr soos moontlik wil ek vermy om net Engelse woorde te verafrikaans tensy dit die aangeneemde woord of vorm is.