Daily Archives: 28/09/2008

Suid-Afrikaanse koerante in Londen

Ek is man van roetine. Ek doen dieselfde dinge die hele tyd. Elke vrydagoggend het ek uit die moltrien in Leicester Square stasie afgestap, ‘n tee van Starbucks gekoop en die nuwe uitgawe van SA Times UK gekry. Toe het ek na werk toe geloop. Elke maand het ek Die Stem ook gekry. Dit was baie lekker.

Net ‘n paar maande gelede was daar drie (ek dink) gratis Suid-Afrikaanse koerante in Londen, naamlik SA Times UK, Die Stem en The South African. Maar nou het alles verander. Ek verstaan dat SA Times UK – wat in Engels was maar met ‘n paar berigte in Afrikaans – bankrot gespeel het. Die Stem is nou net ‘n half-blad en een berig in The South African, wat nou die enigtse Suid-Afrikaanse koerante in Londen is.

So ek vra, hoekom? Is daar nie geneog Suid-Afrikaners in Londen om ‘n paar koerante te ondersteun nie? Het niemand die koerante gelees nie? Wil niemand die koerante lees nie? Daar’s nou veel gratis koerante vir mense uit Rusland en Pole so dis ‘n groot skaam.

Wat kan ons doen? Wat wil mense doen?