Daily Archives: 20/08/2008

Bafana Bafana weer

Ek het gisteraand Suid-Afrika teen Australië in die voetbal op QPR gaan sien. Dis die tweede keer dat ek hulle sien speel het en ek moet sê hulle is nou veel beter as die laas keer en ek was beïndruk. Die doelwagter was nie so goed nie en dit was sy foute wat tot Australië se doele lei. Op die ander kant, Australië se verdediging was nie beter nie en die uitslag was 2-2 so almal was bly.

Die stadion was nie vol nie maar daar was genoeg mense wat sing-sing en jol-jol so dit was ‘n lekker aand.

“En waar’s die doelwagter?” Net ‘n paar nanosekondes voordat Australië ‘n doel kry. Sien jy die bal?

Goeie sitplekke onder die Suid-Afrikaners.