Daily Archives: 25/05/2008

Totsiens Barney die kat en julle raad


Ek het ‘n paar maande gelede oor ons siek kat geskryf. Barney het suikersiekte en probleme met sy haart en long gehad en het ook soveel gewig verloor en daar was ongelukkig geen kans dat hy gesond kon word nie. Nadat ons hom met die veeaarts (wat Suid-Afrikaner is) gepraat het, moes ons om Woensdag besluit om hom aan die slaap te maak. Dit was baie treurig veral omdat hy so bly was om ons te sien en hy het die hele tyd gespin en ons het geween. Jy was ‘n gawe kêrel, Barney.

In ander nuus het ek ook onlangs ‘n paar inspuitings gehad voordat ek Namibïe en Suid-Afrika toe gaan. Ek is nie seker of ek ‘n inspuiting vir hondsdolheid moet hê nie. Ek beplan beslis nie om deur ‘n siek dier te gebyt word nie maar dis miskien beter om veilig te wees. As julle vir my oor hiedie onderwerp raad kan gee dan sal ek dit baie waardeer.