Daily Archives: 06/05/2008

‘n Gedagte

Ek het vanoggend hierdie maande se uitgawe van Die Stem gekry, wat altyd goed is. Maar dit dit was ‘n verrassing om te sien dat daar ‘n advertensie vir ‘n ontkleedans klub was wat danseresse soek. Is daar tekort Suid-Afrikaanse ontkleedanseresse in Londen? Is daar ‘n vraag daarna? Ons moet beslis uitvind. Ek is Brit so ek weet nie, so miskien julle Suid-Afrikaners kan vir my verduidelik. Wat dink julle? Wat is julle ervaaring?

Okei, nou ek weet ons praat nie meer oor “ontkleedans” nie, dis nou verfynd (behalwe bl. 115 van Helen van Schalkwyk se Teach Yourself Afrikaans waarin Johan en André praat oor om te gaan – dit is dalk ‘n nuttige gesprek vir ‘n leerder en besoeker). Die koerant lyk nou soos ‘n vroulike tydskrif oor mode, reis en lyfstyl en ek hou nog daarvan. Maar dié lyk net baie vreemd.

Klink ek nou soos ‘n konserwatiewe oupa? Ja, ek dink so.