Daily Archives: 17/02/2008

Geen drink, geen kombuis – dis die lewe

Op die begin van die jaar het ophou drink. Dis nie ‘n blywende ding nie (ek hoop!) en ja ek het een of twee biers gehad maar nie meer en ek het nie dronk geraak nie. Elke af en toe neem ek ‘n vakansie van drink en elke keer geniet ek dit en hierdie tyd is nie anders nie. Ja dis ‘n bietjie vreemd om in die kroeg te sit en jou vriende drink/suip maar die grootste probleem is dat daar niks is om te koop wat beide nie duur en nie-alkolies is nie so ek probeer om nie kroeg toe te kom. Maar, ek mis nie om wakker met ‘n klein seer kop te word nie. Elke oggend voel ek goed geslaap en ek is baie ryker. Wel, ek sê “ryker”…

Op die oomblik het ons ‘n nuwe kombuis geïnstaleer wat natuurlik meer duur is as ons vroeë gehoop het. As gevolg moet ons dikwels nuwe dinge gaan koop en ons bouers – ‘n vriend van ons en sy maatjie – neem langer om die werk te doen as ons wil hê. Dis reeds twee week laat en die ding wat ons pla is dat hulle net twee hele dag se werk moet doen voordat dit voltooi word maar hulle werk nou net ‘n paar uur elke dag sodat dit talm (die regte woord?). Dit sal die moeite werd wees maar nou is ons gatvol.

So, hoe bly klink ek – geen bier, geen kombuis en Arsenal is gister in die FA Cup gedonner! Wanneer begin Maart?