Daily Archives: 06/02/2008

Wanneer kom ek Suid-Afrika toe? En die antwoord is…

Ek het die ander naweek lekker gesels met Eben en Natalie van potgooi.ca oor planne om Suid-Afrika toe te kom. Hulle gaan SA toe in Julie en wil ook van Kaapstad af na Namibïe toe ry en het my gevra of ek saam met hulle wil kom. My aantwoord natuurlik is ja (of as ek Fritz Deelman is, bepaald!). My baas het gesê dat ek vakansie mag neem so ek moet nou hê dat sy haar beslissing sal bekragtig.

My idee is om Namibïe en miskien en ‘n ander land te besoek. As ek Vrystaat toe gaan dan miskien kan ek Lesotho besoek – wel, dis die enigste land wat heeltemal binne Suid-Afrika is so dis die naturlike keus en Bop (wat ek besoek het) bestaan nie meer nie. Ek het ‘n vriend in Kaapstad wat by Burger werk en wil by hom kuier en dan wil ook Stellenbosch toe ry want my neef studeer tans op die universiteit en ek wil die wynplaase sien. Ek wil ook ‘n paar dae in Johannesburg bly om die wye familie te sien en hopelik sal hulle idees hê om wat ek moet doen. As ek kan, wil ek ‘n Afrikaanse familie of klein dorpie vind sodat ek in ‘n heeltemal Afrikaanse omgewing vir ‘n paar dae kan bly en verafrikaans!

So nou moet ek vliegkaartjies koop en geld spaar.