Dankie almal wat lees

Dankie almal wat gelees het en jammer dat alles baie stil was. Dis ‘n probleem soms met ‘n internet dagboek, jy weet nie wat jy wil sê nie. Ek het ‘n livejournal in Engels maar dis diselfde probleem – wat dink ek, wat wil ek skryf en, natuurlik, wat wil mense lees? Okei, dis anders omdat in my eie taal my gedagtes oor die hele blad dwaal maar ek sal altyd goeie Engels skryf.

Die probleem is hoe moeilik dit is om in ‘n vreemde taal te dink. Eers moet ek opwarm en sonder iemand om mee te gesels moet ek met my bewussyn/myself probeer gesels. Ek moet uitwerk wat ek dink en uiteindelik hoe om dit in die regte manier te sê. En daar’s ‘n verskil tussen die regte of suiwer taal en die taal wat mense praat. Te dikwels hang ek van my woordeboek af maar ek is nie altyd seker dat ek die ware betekennis gebruik nie. Miskien praat ek iets nader aan Babelfish Afrikaans of Borat Afrikaans. Of net Engelse Afrikaans!

Ek weet nie hoeweel woorde ek weet nie. Daar’s ‘n groot aantal woorde wat ek op ‘n gereelde basis gebruik en dan daar’s ‘n klompie wat ek geleer het maar ek het geen reed om hulle te sê nie (en persoonlik twyfel ek of daar iemand is dat daai woorde sê, behalwe die ouers by HAT). Ek skryf nuwe woorde in ‘n boek en soms leer ek hulle. Ek soek woorde in woordeboeke, berigte en epose, en ook nuwe maniere om hulle te gebruik. So probeer ek om nuwe woorde en uitdrikkinge te sê om my woordeskat te vergroot en af en toe slaag ek. Ek weet nie of ek vanaand suksesvol is nie, ek is moeg en wil net sit en kyk na die televisie. Laters.

2 thoughts on “Dankie almal wat lees

  1. Eben van Renen

    “Miskien praat ek iets nader aan Babelfish Afrikaans of Borat Afrikaans” – Klassiek!!!
    Maar jy hoef jouself GLAD NIE te bekommer daaroor nie, jou Afrikaans is ver beter as Borat se Engels. En dit is duidelik dat jy jou goeie humorsin maklik in Afrikaans kan gebruik. Hou so vol!

  2. Alexander

    Wel ek weet nie enitlik hoe goed Borat Afrikaans kan praat nie maar ek raai dis net so goed soos sy Engels. Mense hou van ‘n Engelse ou waarvoor hulle kan lag.

    So wat’s julle nuus? Hoe gaan dit in die land van Kanadeese voetbal?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam