Wie is ek en wat wil ek bereik?

Hoekom maak ek nog ‘n ander blog? Wel, dis ‘n geleentheid om in Afrikaans te skryf en te oefen oor my gedagtes en opinies oor dinge wat aan die taal verwant is. Hierdie sal soms moeilik wees omdat ek wil probeer om in Afrikaans te dink en te skryf en nie altyd net vertaal uit Engels nie. Ek hoop dit maak sin.

Natuurlik soos ‘n nie-Suid-Afrikaner miskien sien ek dinge in verskillende maniers maar hopelik sal ek julle nie pla nie! Ek probeer nie kritiseer nie so laat my weet as ek verkeerd is of wat julle opinies is. As ek foute maak dan laat my weet asseblief, ek waardeer terugvoer.

So wie is ek en hoekom leer ek Afrikaans?
My naam is Alexander en is Brit in Londen. My pa is Engelssprekende Suid-Afrikaner wat by die Britse weermag aangesluit het. Toe ek jong was praat my pa nooit Afrikaans nie en hy stel geen belang in Suid-Afrika nie – nie ‘n trotse Suid-Afrikaner nie! Ons praat altyd oor “Granny in Africa” – ons ouma in Johannesburg – so vir ons was Suid-Afrika ‘n land wat ons interesseer maar die eerste keer dat ek gaan bly was ek 16 in 1991 – my tannie was so trots op die nuwe Suid-Afrika dat sy wou hê dat ons die merk in ons passporte kry om te sê “Dis okei nou om Suid-Afrikaner te wees”. My pa se broers en hulle kinders woon nog in Suid-Afrika en is Engels, maar as hulle wil hê dat ons hulle nie kon verstaan nie praat hulle Afrikaans!

Ek besef toe die verskil tussen Britse Engels en Suid-Afrikaanse Engels. Om in ‘n (destyds) amptelike tweetalige gemeenskap groot te word en te woon is baie anders as die VK. Hulle sê dat hulle slegte Afrikaans praat maar die feit dat hulle saam mekaar in ‘n ander taal kan kommunikeer was, na my mening, fantasties en vreemd. Ek glo dat eintlik my pa nog Afrikaans goed kan praat (natuurlik het hy geen gebruik daarvoor in die weermag gehad nie!) maar wat my baie interesseer is mense se persepies en uitsig oor die taal. My pa en die familie is tipiese mense wat ‘n ander kultuur se taal op skool moes leer maar gebruik dit nie. Ek weet nie hoekom nie maar ek vermoed hulle sien geen goeie reed om dit te praat nie.

Ek het in 1998 myself Afrikaans uit boek uit begin leer toe ek in Leeds was. ‘n Ou op werk wat uit Belfast kom het homself ‘n bietjie Afrikaans geleer toe hy in ‘n kroeg in Londen gewerk het en het vir gesê dat dit nie moeilik is nie. Hy het nog ‘n goeie kennis van die taal en hy het my dikwels gehelp. Toe ek na Londen verhuis het ontmoet ek ‘n Afrikaanse joernalis wat by SA Times was en hy help my baie met boeke, artikele, webwerwe ens. In Londen begin ek Suid-Afrikaners ontmoet en ek vra of hulle Afrikaans kan praat. Party mense sê ja, party mense sê nie jammer en party mense sê hulle haat die domme taal en almal wat dit praat! Ek wil weet hoekom sekere mense stel geen belang in hulle eie taal nie en ontken die feit dat hulle Afrikaans praat. Ek weet nie die aantwoord nie maar ek leer die hele tyd iets nuut.

Okei dis al. Ek is moeg, julle is moeg en die pad is lang.

7 thoughts on “Wie is ek en wat wil ek bereik?

  1. Eben van Renen

    Die webjoernaal van jou is baie interressant. Ek sal my Afrikaans saam met jou hier oefen.
    Ek dink jy kan baie trots wees op alles wat jy al bereik het in die taal – jou Afrikaans is beter as baie van die Suid-Afrikaners!

    Jou ou vriend
    eben

  2. Alexander

    Dis goed om van jou te hoor ou Dopper! Ek besef dat die koffiekroeg net een aspek is van wat Afrikaans in London wil doen en hoe meer ek skryf hoe meer ek verbeter. Ons kan net doen alles wat ons kan doen.

    Ek sien daarna uit om julle nuus te lees.

  3. Klei Lat de Vries

    Ek hoop dat ons elke dag of so n “update” hier gaan kry van jou af. Jou Afrikaans is goed, en dit sal net verbeter, hoe meer jy dit skryf en praat.

    Wanneer word daar n pot uit CA gegooi na die res van die wereld toe ?

  4. Kraai

    Alexander, baie geluk met jou Afrikaans. Dit word waardeer en beslis raakgesien.

    Die Afrikanertjies in die buiteland wat hulle taal misken, probeer hulle bes om iets te bereik wat nie vir hulle haalbaar sal wees nie, en behoort by iemand soos jy te gaan kers opsteek. Hulle respekteer nie hulle geboorte taal nie, en ons respekteer hulle ook gladnie. Ons respekteer iemand soos jy geweldig baie, hou so aan.

    Afrikaans is besig om ‘n geweldige oplewing te kry, sonder enige negatiewe konnotasies daaraan, soos dikwels in die verlede die geval was.

    Ons is trors Afrikaans, want ons SMAAK AFRIKAANS.

    Lekker blog!

  5. Alexander

    Kraai, dankie vir die aanmoediging. Dis goed om te sien daar’s so ‘n lewende en groeiende gemeenskap van sprekenders op die internet wat trots op die taal is en wat ‘n ware poging wil maak om altyd Afrikaans aan te hou praat.

  6. Anonymous

    Hi Alexander, you have really impressed me. Why do’nt you form an Afrikaans group in London? Have get togethers where Afrikaans is spoken. It might encourage Afrikaans people to speak their language again.
    Jou familie in Suid Afrika kan wel se dat jy n rooinek is maar hulle sal nie daarmee wegkom nie want ek kan sien dat jy die taal baie goed verstaan. Hulle sal geen geheime van jou kan wegsteek nie.
    Alles van die beste.
    Engelse van Suid Afrika wat weggehardloop het.

  7. Alexander

    Anonymous, dankie vir jou ondersteuning. Jammer dat ek so lang tyd geneem het om te antwoord – ek het nie besef nie dat moet die kommentare moet goedkeur! Ek is nie slim met rekeneaars nie. Ons het ‘n Afrikaanse groep in Londen, kyk na die Afrikaanse Koffiekroeg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam