Tag Archives: Die Heuwels Fantasties

En nou’s dit twintig jaar later en soms voel als nogsteeds die selfde

Elk somer kom nou Afrikaanse bands na Londen en hierdie naweek was dit die keer van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties wat die mense op ‘n warm vrydagaand na Shepherd’s Bush lok. Vir my was dit die agste Fokof gig in óf Londen óf Amsterdam oor twintig jare. Ek sien hoe die band, die bende, die mense verander, word ouer, word wyser, en bly nogsteeds fantasties.

Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasies speel vanaad

Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasies speel vanaad

Die musieksaal is in die waarheid die grotste dat die band in Londen gespeel het; Van Coke Kartel het ook hier in 2012 gespeel. Die kaartijes is nie uitgekoop nie, maar dit raak nie saak nie. Vanaand was vir die fans in die buiteland, wat moontlik twintig jaar gelede die oorspronklike fans was, wat oor die jare geluister en onderhou het. Ek weet daar’s nog één ander Brit want op die socials sien ek ‘n video met hom want hy nogal goed Afrikaans praat.

Fokofpolisiekar op die verhoog

Fokofpolisiekar op die verhoog

En wat voor die musiek? Geen verassing, geen verwarring nie; wie wil betaal om liedjies te hoor dat hull nieken nie? Die twee bands speel die (goue Afrikaanse) treffers sodat ons saam sing kuier lekker.

Ná die gig het ons terug na die kroeg gegaan en gesels ‘n bietjie met ‘n Afrikaanse oke wat in Londen bly. Dit is altyd ‘n goeie ervaring vir my om in die taal te praat en om te oefen. Orals in die kroeg is almal gelukkig en vriende hang uit en gesels en suip ná die sononder. Dit hernieu my geloof dat altyd êrens in hierdie stad, woon daar Afrikaanses en taal-liefhebbers wat ek kan vind.

Ek vra my, eis ek genoeg? Is ek te tevrede met ‘n stukkie nostalgié een keer elke jaar? Miskien ja. Niemand se smaak is só oorspronklik of is uniek; ons soek almal af en toe vertroudheid. Maak dit saak? Vir ‘n paar honderde musiek-liefhebbers in ‘n beroemde Londense musieksaal is die antwoord nee, want vanaand speel ‘n band wat in sy eie weg die toneel en gemeenskap rond hulle verander het. Vir ek as buitelander, is dit net mooi om Afrikaans te hoor sing.

Afrikaans in die komende week

Tommy in San Francisco het ‘n Engelse vertaling van my onlangse pos oor Berlyn op sit blog gesit. Dis ‘n baie groot eer en ook ‘n baie goeie vertaling; soms sê hy dit eintlik beter in Engels as ek sou sê. Baie dankie Tommy, jou Afrikaans is uitstekend en die feit dat jy verlede jaar begin leer het is baie indrukwekkend. Jy is op ‘n hoë vlak as ek was nadat ek Afrikaans vir een jaar geleer het. Twaalf jare later maak ek nog veel foute en sukkel om alles in die regte manier te sê.

Donderdag gaan ek Jack Parow en Die Heuwels Fantasties in Londen sien speel. Ek is baie opgewonde en dit sou baie cool wees. Ek sal foto’s afneem en natuurlik ook ‘n paar t-hemde en CDs koop.