Ek maak ‘n plan maar ek weet hoekom ek hou nie daarvan nie

Ek het vroeër geskryf oor ‘n plan om na Amsterdam te gaan om Fokofpolisiekar te kyk. Ek reis oorsee dikwels met vriende om konserte by te woon in plek van om na die strand te gaan. Gewoonlik hou ek nie van plan-maak nie. Ek is altyd onseker wat of hoe ek alles gaan doen, ek wil dinge verander as ek so wil doen. Ek is ‘n nagmerrie!

Maar hierdie keer maak ek ‘n plan en koop my vliegkaartjies na Amsterdam want ek ry met ‘n Suid-Afrikaanse vriend wat Amsterdam wil besoek. En toe – net nadat ek betaal het – het die band aangekondig dat hulle ook in Leuven in België gaan speel. Ek het verlede jaar gekuier in Leuven. Ek hou van die stad net buite die hoofstad. Vlaamse vriende bly in die omgewing wat ek kan vra om saam te kom. Maar ek kan nie nou vra my vriend om planne te verander nie. Hy wil Amsterdam ervaar en ek die band kyk speel. Dus gaan ek die gig mis ten spyte van die feit dat ek nie te ver weg gaan wees. Dit voel fout.

So soms is dit net beter om geen planne te maak nie sodat ek skielik iets anders kan doen as ek kan. Dis hoekom ek en my girlfriend selde oorsee saam gaan want ek weier om planne te maak en sy wil weet wat ons saam gaan doen!

Dit lyk dat ek na Amsterdam sal gaan

Nou dat die weer mooi en warm word, maak ek planne om oorsee te gaan. En toe, sonder verwagting, sien ek dat Fokofpolisiekar weet in Junie in Amsterdam sal speel. Hoe het ek nie hierdie nuus gesien nie? Ek is amper die hele tyd aanlyn!

Fokofpolisiekar in Amsterdam

Fokofpolisiekar in Amsterdam

Ek koop beslis nou ‘n kaartjie en ek lees ook dat die band iets anders wil doen om jul reis die moeite werd te maak om na die land te reis. So nou is ek van plan om ‘n paar nae in Amsterdam te kuier. Ek vra Suid-Afrikaanse vriende of hulle wil saam kom maar ek is bly om op my eie te gaan.

Voor die pandemie ek het veel en makklik na die buiteland gegaan. Alles in die verlede was anders. Maar nou, dis anders vir ons wat slegs ‘n Britse paspoort het. Op die lughawes – en veral Schiphol – moet ons Britte in ‘n lang tou by die immigrasie staan met die ander nie-EU reisigers. Ja Suid-Afrikaners is baie gewoonte hieraan maar ervaar ons nou die ware gevolgse van onlangse Britse politiciese beslissings. Ek lees oor mense wat twee of drie ure moet wag so dit maak sin om op die dag voor die gig te gaan sodat ek beide die binnekant en die stad kan sien.

Ek het ook in 2018 gegaan om die band in Amsterdam te sien, wat baie pret was. Maar ek het nie met ander Afrikaassprekers gepraat nie (want ek was met my girlfriend wat geen Afrikaans ken) so hierdie keer moet ek die poging maak om saam met ander mense te gesels.

Januarie lei nou na Februarie

Saterdag het ek en ‘n Suid-Afrikaanse vriend na ‘n paar kroeë aan die Teems gegaan, wat altyd ‘n mooi manier is om die middag deur te bring. In ‘n stad vol geskeidenis en toeriste, is die kroeë een van die mees beroemde aantreklikhede van die stad.

Nou is die weer koud, maar nie so koud nie, maar die groter probleem is die inflasie. Natuurlik kos bier of kos altyd veel geld, maar nou word die prys veel hoër nes alles anders wat jy koop. Maar die kroeë staan nie leeg nie. Mense wil by mekaar kom in klompie vriende en of in pare en wil gesels. Drink ons minder, suip ons meer? Miskien ja, en ons het almal ons eie idees oor hoe ons kan goedkoop drink.

Ek skryf al jare lank ‘n lys van al die kroeë wat ek beoske het, so sluit dit in my gunstelinge kroeë waarheen ek vriende moet saambring. Dit laat my verder oor die hele stad dwaal om by voorstede, dorpies en strate te kuier waarheen ek gewoonlik geen rede het om te gaan nie. Daar’s iets mooi om met die trein of moltrein binne die stad te ry sonder ‘n ware doel behalwe ‘n paar biertjies met vriende te suip en om ‘n nuwe gebied te verken. Ongelukkig vind ek amper geen Suid-Afrikaanse kroeë meer nie, en dié wat bly is miskien Suid-Afrikaans-agtig in plek van iets egts maar dis beter as niks.

Tot 2023

Ek het hierdie jaar minder en minder Afrikaans gestudeer, gelees, gebruik ensovoorts. Ek vra myself of ek óf my belang óf my kennis begin verloor. Weens veel redes het ek nie veel gepraat nie en ek het ander tale gestudeer, en dié verduidelik ‘n bietjie hoekom.

Dis ‘n jammer dat NetNuus nie meer bestaan nie; ek het baie daarvan gehou en die nuus teks was kort en vol inligting. Ek is onseker wat nou met Vrye Weekblad aan die gaan is nie. ‘n Vriend is vryskut joernalis wat vir die webblad skryf en het vir my ‘n bietjie gesê, maar hy praat baie vinnig sodat ek nie goed verstaan nie!

Ek het ‘n nuwe Twitter rekening geskep sodat ek net Afrikaans nuus en twiete lees, wat aparte van my ander, Engelstalige rekening is. Ek moet nou dit begin gebruik en dan kom ek tot dieselfde probleem – hoeveel tyd het ek om alles to probeer doen. Wat wil ek bereik? Ek moet ‘n plan maak vol doele wat ek wil presteer. Dis maklik om idees te hê maar moeiliker om in die werklikheid te doen.

So ja nou kom die nuwe jaar. Wie weet wat aan gebeur.

Suid-Afrikaans vlae wapper weer op The Mall

As jy op The Mall stap, sien jy die Suid-Afrikaanse vlag wat wapper voor die amptelike besoek van die President van Suid-Afrika. Ek het niet voorheen hieroor geweet nie. Aaangesien dat ek nie te ver van die paleis, parlement en die hoofsetel van die regering werk nie, weet ek maklik wie kom besoek. Ek dink dat hierdie is die eerste amptelike besoek tydens die bewind van die nuwe koning, so ek is bly dat Suid-Afrika die eerste is.

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper op The Mall

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper op The Mall

Reis, reis

Hierdie maand moes ek na Brussel gaan en heirdie keer gaan ek vir werk. Dis ‘n bietjie vreemd, maar baie lekker, om na die stad te gaan aangesien dat ek nog nooit oorsee op werk gegaan het nie. Ek het min nuut om te berig oor die stad nie of oor nuwe ervaringe te praat nie – ongelukkig geen musiek. Maar hierdie keer het ek meer oor die twee taal gemeenskappe (Frans en Nederlands) geleer. In die besonder, dis waar wat mens sê; dis moeilik om te verduidelik hoe, veral in Brussel, “jou” taal verskillende aspekte van jou lewe bepaal; en hoe vriende in die ander gemeenskap verskillende reëls volg. Dis ‘n bietjie soos die vier lande in Brittanje maar eintlik ewe meer gekompliseerd.

Soos altyd, het niemand my verstaan as ek Frans of Nederlands gepraat het. Ek raak nou gewoond hieraan. Dis ‘n ware internasionale stad en vir die meerderheid van besoekers is Engels die taal van kommunikasie tydens jou verblyf.

Min om te berig maar ek skryf nog steeds

Nog een ander maand sonder veel om te berig, wat ongelukkig is. Die weer draai nou na herfs en ek dra geen kortbroek meer nie en ek dra ‘n nogal warm jas na die werk en dan binne ‘n paar weke kom ‘n sjaal. Ek kan nie te veel kla nie, die weer is nie helemaal afskuwelik en hoe ouer ek raak hoe meer ek begin die siklus van die seisoene beter te verstaan.

Gelukkig kom ‘n Afrikaans vriend na Londen vir ‘n kort vakansie, wat ‘n geleentheid sal wees om ‘n bietjie te gesels. Ek het nou geen Afrikaans gestudeer al maande lank nie en ek sukkel ook om enigets te lees so sien ek baie hierna uit. Ek studeer nog steeds ‘n bietjie Nederlands en hopelik gaan ek in Oktober na Brussel met die werk. Ek is al hierdie jaar twee keer in Brussel en ek en my girlfriend is van plan om ‘n ander kort vakansie te gaan kuier. Terwyl die valuta daal en alles raak meer gru, sal hierdie iets lekker wees.

Jy wag al jare lank voordat een Afrikaans band om te kom speel, dan kom ‘n band speel

Wie is Spoegwolf? Ek het myself só gevra toe ‘n vriend vra of ek hulle wil gaan kyk. Hoe het ek nie al geweet dat ‘n Afrikaans rock band na Londen kom nie? En hulle speel in Camden, die hart van die cool buurt van die stad met al die bars vol musiek en drinkers.

Spoegwold speel in Londen

Ek staan by die bar om ‘n paar drankies te koop en ek luister na almal wat gesels. Ja hulle is jonger as ons en hulle praat graag Afrikaans met vriende, met nuwe vriende wat hulle net nou gemaak het, en met vriende wat hulle nie vroeër geweet het dat nou ook in Londen bly nie. Dis ‘n plesier om so ‘n gebeurtenis by te woon. Die pandemie is ver weg en die recessie is nog nie op die horison nie.

Wat van Spoegwolf? Ja ek het dit baie geniet. Mense skryf dikwels oor energie of gees of soiets en ek is onseker soms wat hulle bedoel. Maar hulle speel liedjies wat die crowd laat sing en dans. Hulle is meer melodies dan ek verwag het. Hulle klink nie soos die Britse of Amerikaanse indie rock band waarna ek gewoon luister nie. Hoe beter kan ek beskryf? Na my (baie onbepaalde) mening, klink hulle soos ‘n outback band uit Australië. Natuurlik klink hulle anders weens Afrikaans, maar hulle klink soos rock musiek uit ‘n warm land. Daar’s duidelik ‘n goeie rede hoekom ek g’n musiek joernalis is nie, nè?

Ek is baie gelukkig dat ek besluit het om te gaan. Afrikaans musiek, ‘n nuwe Afrikaans band om te luister, en die kennis dat daar nog veel Afrikaanssprekers in die stad is.

Terug in België

Die somer kom en soos gewoon, seker soos voor die pandemie, sit ek op ‘n Eurostar wat na Brussel ry. Ja, ek gaan weer na ‘n musiekfees in Vlaandere met ‘n groep maatjies. Hoe mooi dit is om op vakanse te mag gaan sonder beperkings soos om ‘n masker te moet dra of om ‘n toest te moet doen.

Ek lees gerugte oor die hel wat mense op Britse lughawes ervaar, die lang wagte, die verveling dat jy nie reis nie. Gelukig, ry die Eurostar nou sonder probleme voordat ek in Brussel kom. Hoe meer kan ek oor Brussel sê wat ek al nooit gesê het nie? Die sentrum gons met toeriste en nou ook e-bromponies. Reisigers uit veel verskillende lande kom aan in Brussel en sien die toeriste aantreklikkhede en neem kiekies.

Onlangs by die werk het iemand uit die Brusselse regering vir ons vertel oor die taal beleid in die stad, sodat alle jonge Frans, Nederlands en Engels leer praat, saam met die minderheid tale wat in die stad gespreek word. Maar vir my, niemand verstaan as ek óf Frans óf Nederlands praat nie. Ek weet dat kelners en barristas baie besig is en wil nie gratis taal lesse by die werk gee nie. Ek is ‘n bietjie teleurgestel aangesien ek die poging wil maak om die land se tale praat, maar ja ek verstaan hoekom.

Daar’s min meer om te berig nie. Ek ry na nog ‘n ander klein Vlaamse dorpie om ‘n musiekfees by te woon. Ek ontmoet weer Vlaamse vriende wat ek nie al lang tyd gesien het nie. Die bar personeel is verbaas dat ons uit Londn getrek het, om na hul klein dorpie te kom. Ek voel asof ek op ‘n ware vakansie is en ek ontspan goed saam met vriende en na die musiek luister wat tot laat speel.

Dis altyd die moeite waard om daarheen te gaan.

Net ‘n paar foto’s vir hierdie maand

Ek het niks om te berig nie so hier’s ‘n paar kiekies uit onlangse gigs wat ek bygewoon het. Soos jy kan sien, kan ek amper alles goed snapseed-eer.

Hopelik sal ek iets veel beter in Augustus skryf.

Rammstein speel in Coventry

“Coca-Cola, sometimes war”. Rammstein speel in Coventry

Sharon Van Etten speel in Brixton Academy

Sharon Van Etten speel in Brixton Academy. Haar groot skaduwee dreig soos ‘n vampier op die agtergrond

Het ek ander sprekers by die werk gevind?

Uiteindelik, goeie nuus! Dit lyk asof ek ander sprekers en belangstellendes by die werk in die staatsdiens gevind! Ek wag al jare lank om mense te vind, maar nou weet ek die name van ‘n klompie mense wat Afrikaans wil praat. Ons maak nou ‘n netwerk sodat ons kan gesels en by mekaar uithang in de ware of aanlynse wêreld. Daar bestaan ook ‘n groep wat Nederlands en Vlaams praat om mee te gesels.

Miskien is die enigste probleem dat ek nou een van die organisideers is. En ek weet dat een swakheid onder verskeie swakhede is dat ek nie goed enigiets kan organiseer nie. Op die ander kant is ek baie gelukkig en ek het veel planne en idees oor wat ons nou kan doen. Die belangrikste doel, vir my, is dat ek Afrikaans nou op ‘n gereelde basis praat.

Ek sal jou (en as ek jou sê, bedoel ek niemand want niemand lees meer blogs nie!) op die hoogte hou. Jy weet dis die waarheid.

Kan jy vertaal as jy ken nie?

Op Woensdag het ek na die Dutch Centre in The City toe gegaan om na ‘n gesprek te luister, Talking About Empire: Education and representation of colonialism in the Netherlands, Flanders, and the UK. Ek moet erken dat ek nie goed die beskrywing gelees het nie sodat ek nie reg verstaan waaroor hulle gaan gesel nie; ek het verwag dat hulle oor hul nuwe navorsing oor die tydperk in die onderwerp sou praat, oor wat hulle nou ken en uitgevind het.

Maar die waarheid is dat ek dit aand baie geniet het. Okei, ek was die raar man in ‘n pak wat op sy eie sit luister het want amper almal anders was jong studente wat Nederlands op universiteit studeer. Maar as jy die geld betaal dan gee niemand om nie.

Die onderwerp van die aand was die kwessie oor rassisme en kolonialisme en hoe nou hierdie onderwerpe in skole onderrig word en die situasie in België of hoofsaaklik in Vlaandere, Nederland en Brittanje. Veel mense deesdae wil sê dat al hul voorouers so arm was dat hulle niks met drie slawehandel gedoen het nie sodat hulle nou die good guys is. Ek het ‘n paar jaar gelede geskryf oor my besoek na die International Slavery Museum en wat ek gelees het oor die impak op die stad en land waaroor ons nie wil praat nie.

Hulle praat ook oor Quaco, ‘n stripman wat die verhaal oor ‘n Nederlands slawe vertel. Tydens hierdie deelte het die student wat die boek na Engels vertaal het, gevra, kan jy vertaal as jy ken nie? Dis seker ‘n goeie vraag want hulle vertaal die lewe van iemand wie se ervaring hulle ken nie. Ek was beïndruk dat hulle hieraan gepeins het.

Dis hele aand betref aan ‘n baie tydgennotlike kwessie en die ervaring van die sprekers was insigvol so ja ek het iets nuuts geleer.

Warm weer en oorlog

Hierdie week het ons almal die mooi warm son en die komende somer gevoel en baie geniet. Almal lyk gelukkig en staan in groepe op die straat buite kroeë of sit in die parks sonder om jasse te moet dra. Sonskyn in Londen is heel mooi en vanwege die einde van die pandemie (in die waarheid, word elk dag nog duisende mense met die siekte gediagnoseer…) word tans al die beperkings verwyder en jy vergeet dat net ‘n paar duisende myl weg twee lande in ‘n grusame oorlog veg.

Maar die virus is nog ‘n groot gewaar vir ons almal. Hierdie week in die kantoor het ‘n kollega vir ons gesê dat sy nie gesond gevoel het nie maar sy het ook nie meteen huis toe gegaan nie. En toe, het sy gebel om vir ons te vertel dat sy die virus gevang het. Ek is baie kwaad oor haar gedrag dat sy besluit het om in die kantoor te bly werk met die risiko dat sy die virus kan laat versprei. Ek het nog nooit die virus gehad het nie (ek weet nie hoekom nie) maar mense vertel oor hul ervaring van die siekte en dit klink afskuwelik. Hulle sukkel om asem te haal en op te staan, en hulle is jong, gesonde mense.

Ek lees die hele tyd oor die Russiese inval in Oekraïne. Ek vermy die uitdrukkings soos “die situasie in Oekraïne” of “die oorlog in Oekraïne”; dis ‘n onwettige aanval deur Rusland. Dit lyk my dat hierdie oorlog die eerste moderne “meme-oorlog” is en ek erken dat ek Twitter lees en twiets uit die Oekraïense regering en onafhanklike onderhouers laaik. Dit laat my lag, wat ‘n baie eerste wêreld reaksie is, as Oekraïense boere in tractors Russiese tanks steel. Ek glo dat ek nou die hele pers bedryf en ook elke blogger in Oekraïne op Twitter volg. Word ek stilweg gewoond aan grusame en hartbrekende beelde van mense wat soveel ly op Twitter, sonder om gevoelens te voel? Ek twyfel dit, maar ek sou só sê nè?

Onder is ‘n foto vanaf Blackfriars stasie. Soms in die oggend op pad werk toe, neem ek die trein soontoe omdat die perrons oor die rivier strek en jy kyk uit oor ‘n pragtige uitsig van die sonop en skaduwee. Die laat my goed voel om die dag hiermee te begin.

Die Teems in die oggend

Die Teems in die oggend

Oorlog in Europa

Ek neem nog ‘n ander week op verlof en soos veel mense kyk-kyk ek my foon om Twitter, Guardian en die nuus oor die aanval op Oekraïne te lees. Dit lyk afskuwelik vir die mense wat óf nou vlug óf in die land bly. Dis hard om te glo wat tans plaasvind.

Ek was op universiteit in Engeland gedurende die oorlog in die voormalige lande van Joegoslavië. Ek onthou in 1995 toe ek in die somervakansie gewerk het en hoe in die aande ek na die nuus gekyk het wat so gru en boosaardig was. Ek het moderne geskiedenis gestudeer dus kon ons skryf opstelle en eksamens oor destydse gebeurtenisse. Ek was ‘n bietjie lui en ongemotiveerd, wat ‘n jammer was, maar ek stel al lang tyd ‘n groot belang in die onderwerp en lees altyd boeke en berigte oor hieroor.

Op die naweek het ek verby die ambassades van beide Oekraïne en Rusland geloop, wat baie naby elkaar gelë is. ‘n Klomp Oekraïners staan buite hul ambassade met vlae en wil hul steun gee. Buite die Russiese een het veel mense graffiti ensovoorts geskryf maar alles was stil sonder betogers of onderhouers. Tussen die twee staan ‘n standbeeld van St Wladimir of St Volodymyr – daar bestaan ‘n debaat oor sr regte naam maar persoonlik vind ek sy naam in moderne Oekraïens Володимир Святославич baie mooi.

Wladimir I van Kiëf

Wladimir I van Kiëf

Planne vir die komende week

Ek neem môre ‘n week verlof waarna ek al lank tyd baie uitgesien het. Die weer word nou mooi, nie baie warm, natuurlik, maar nietemin die son skyn en dis seker nie windig nie. My planne bestaan uit om na die bioskoop te gaan, miskien om uit te Londen te trek en om rond die stad te loop en ek mag tot later in die bed lê. Nes ‘n tipiese naweek in Londen so niks nuuts.

Ek is van plan om in April na België en miskien na ander lande te gaan. Ek het reeds kaartjies gekoop maar ek wag totdat ek uitvind of ‘n mens coronavirus toetse sal moet hê of sal moet isoleer in geval dat jy die virus in die buiteland kry. Dat sou ‘n groot probleem wees as ja vir beide gevalle.

Ek studeer nog steeds Nederlands en ek glo dat dit my Afrikaans help veral sekere gekompliseerde grammatika aspekte waaroor ek nie vroeër gedink het nie; sonder om my foute te geweet het, weet ek nie waarop my fokus moet sit nie. Ek merk die verskil in die uitspraak van veel geluide, veral ui wat in Nederlands klink baie aan dié in Engels. Sommige woorde ook het verskillende betekenisse in Nederland, miskien die oorspronklike sin, en daar Engelse leenwoorde lyk anders as dié in Afrikaans. Miksien is hierdie laaste opmerking verkeerd en ek weet nie die etimologie or roete waarmee die woord in die twee tale gekom het, maar in Nederlands sien jy veel meer Franse woorde. Maar die waarheid is ek verkies baie die spelling hervorming van Roeland Kollewijn.

So nou moet ek ‘n plan maak oor hoe ek beide taal sal bly studeer – en sprekers van Nederlands vind – saam met al die ander tale wat nou ek wil leer.