In stad Brussel hoor ek Afrikaans

Hierdie week was ek weer in Brussel in België op ‘n klein vakansie om na ‘n paar konserts toe te gaan. Dis ‘n kans om met vriende uit te hang en om ‘n bietjie Frans en Nederlands te praat, wat altyd pret is. Ek hou baie van ‘n tweetalige stad, of drietalig as jy Engels insluit, en op elke besoek wil ek ‘n bietjie meer probeer om nie net op Engels afhangklik te wees nie.

Ek het uiteidenlik die Atomium besoek, een van die mees bekende monument in Brussel vol besoekers uit veel verksillende lande. Ek het dit baie geniet, veral die 1950s futuristieke styl uit ‘n tydperk van hoop en moontlikheid, Dit is beslis die moeite werd om te besoek.

Die Atomium in Brussel

Die Atomium in Brussel

Smiddags het ons na ‘n ou verborge kroeg gegaan net ‘n paar tree van die strate af geleë is. Ons het pintjes gekoop en het sit en gesels. Langs ons was ‘n man en ‘n vrou wat gesels en rook. Nadat ‘n oomnlik het ek besef dat hulle Afrikaans onder mekaar gepraat het – oor lewe, oor werk, oor reis; net besig om mekaar op hoogte te bring. Af en toe het hulle gefluiter sodat niemand sou kan hoor nie. Dis ‘n bietjie vreemd want hulle kan ons verskillede Britse aksente hoor wat, gewoonlik, aandui dat ons dalk geen vremde tale praat nie.

Het Goudblommeke in Papier

Het Goudblommeke in Papier

Ek was nuuskierig want ek wil altyd Afrikaans met mense praat en is op soek na geleenthede om só te doen. Terselfdertyd is dit hulle gesprek en ek is g’n deelte daarvan nie. Ek voel uiteindelik amper soos ‘n spioen en my geheime vaardigheid is om soos ‘n eentalige Engelsman te verskyn.

Ek het besluit om niks te probeer sê nie. Die rede was dat hulle iets gesê het wat hulle beslis nie wou hê dat niemand moet hoor het nie. Die oomblik om met hulle te praat het verby geggaan. ‘n Rukkie later het ek iets in Engels gesê (en ek weet nie wat nie) wat veroorsaak het dat hulle skielik na my kyk en ophou praat, en hierdie reaksie was dadelik vir my duidelik. Het hulle my vermoed? Wat het aangedui dat ek Suid-Afrika of Afrikaans ken?

"Grande Roue" by die Justitiepaleis van Brussel

“Grande Roue” by die Justitiepaleis van Brussel

2 thoughts on “In stad Brussel hoor ek Afrikaans”

  1. Nikita

    Hi Alexander, Ek het kommentaar in 2010 hier op jou blog gelos en wonderlik om te sien dat jy nog steeds in Afrikaans hier skryf! Ek is meer as beindruk! Intussen het ek heelwat ‘reels’ op Instagram gesien van persone wat van ander land na SA verhuis en Afrikaans leer! Dis wonderlik dat die mense so positief oor die taal is! Ek moet meer kere hier kom lees ook! (Tyd is altyd ‘n probleem – met skoolhou). Groete vanuit Bucks.

    Reply ↓
  2. Ord Post author

    Ja Nikita, ek onthou en dit is baie goed om van jou af te hoor! Dis snaaks want ek het uiteindelik skaak leer speel. Dis goed om te sien dat jy ook nog steeds ‘n blog skryf want die hele blogosfeer lyk nou so baie stil. Deesdae skryf ek net vir myself sonder om te verwag dat iemand ‘n komentaar sal los.

    Reply ↓

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam