Elk somer kom nou Afrikaanse bands na Londen en hierdie naweek was dit die keer van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties wat die mense op ‘n warm vrydagaand na Shepherd’s Bush lok. Vir my was dit die agste Fokof gig in óf Londen óf Amsterdam oor twintig jare. Ek sien hoe die band, die bende, die mense verander, word ouer, word wyser, en bly nogsteeds fantasties.
Die musieksaal is in die waarheid die grotste dat die band in Londen gespeel het; Van Coke Kartel het ook hier in 2012 gespeel. Die kaartijes is nie uitgekoop nie, maar dit raak nie saak nie. Vanaand was vir die fans in die buiteland, wat moontlik twintig jaar gelede die oorspronklike fans was, wat oor die jare geluister en onderhou het. Ek weet daar’s nog één ander Brit want op die socials sien ek ‘n video met hom want hy nogal goed Afrikaans praat.
En wat voor die musiek? Geen verassing, geen verwarring nie; wie wil betaal om liedjies te hoor dat hull nieken nie? Die twee bands speel die (goue Afrikaanse) treffers sodat ons saam sing kuier lekker.
Ná die gig het ons terug na die kroeg gegaan en gesels ‘n bietjie met ‘n Afrikaanse oke wat in Londen bly. Dit is altyd ‘n goeie ervaring vir my om in die taal te praat en om te oefen. Orals in die kroeg is almal gelukkig en vriende hang uit en gesels en suip as son onder gaan. Dit hernieu my geloof dat êrens in die stad, woon daar Afrikaanses en taal-liefhebbers wat ek kan vind.
Ek vra my, eis ek genoeg? Is ek te tevrede met ‘n stukkie nostalgïe een keer elke jaar? Miskien ja. Niemand se smaak is so oorspronklik of uniek en ons soek almal af en toe vertroudheid. Maak dit saa? Vir ‘n paar honderde musiekliefhebbers nee, want vanaand speel ‘n band wat in hul eie weg, die toneel en gemeenskap rond hulle verander het. Vir ek as buitelander, is dit net mooi om Afrikaans te hoor sing.


