Daily Archives: 27/03/2022

Warm weer en oorlog

Hierdie week het ons almal die mooi warm son en die komende somer gevoel en baie geniet. Almal lyk gelukkig en staan in groepe op die straat buite kroeë of sit in die parks sonder om jasse te moet dra. Sonskyn in Londen is heel mooi en vanwege die einde van die pandemie (in die waarheid, word elk dag nog duisende mense met die siekte gediagnoseer…) word tans al die beperkings verwyder en jy vergeet dat net ‘n paar duisende myl weg twee lande in ‘n grusame oorlog veg.

Maar die virus is nog ‘n groot gewaar vir ons almal. Hierdie week in die kantoor het ‘n kollega vir ons gesê dat sy nie gesond gevoel het nie maar sy het ook nie meteen huis toe gegaan nie. En toe, het sy gebel om vir ons te vertel dat sy die virus gevang het. Ek is baie kwaad oor haar gedrag dat sy besluit het om in die kantoor te bly werk met die risiko dat sy die virus kan laat versprei. Ek het nog nooit die virus gehad het nie (ek weet nie hoekom nie) maar mense vertel oor hul ervaring van die siekte en dit klink afskuwelik. Hulle sukkel om asem te haal en op te staan, en hulle is jong, gesonde mense.

Ek lees die hele tyd oor die Russiese inval in Oekraïne. Ek vermy die uitdrukkings soos “die situasie in Oekraïne” of “die oorlog in Oekraïne”; dis ‘n onwettige aanval deur Rusland. Dit lyk my dat hierdie oorlog die eerste moderne “meme-oorlog” is en ek erken dat ek Twitter lees en twiets uit die Oekraïense regering en onafhanklike onderhouers laaik. Dit laat my lag, wat ‘n baie eerste wêreld reaksie is, as Oekraïense boere in tractors Russiese tanks steel. Ek glo dat ek nou die hele pers bedryf en ook elke blogger in Oekraïne op Twitter volg. Word ek stilweg gewoond aan grusame en hartbrekende beelde van mense wat soveel ly op Twitter, sonder om gevoelens te voel? Ek twyfel dit, maar ek sou só sê nè?

Onder is ‘n foto vanaf Blackfriars stasie. Soms in die oggend op pad werk toe, neem ek die trein soontoe omdat die perrons oor die rivier strek en jy kyk uit oor ‘n pragtige uitsig van die sonop en skaduwee. Die laat my goed voel om die dag hiermee te begin.

Die Teems in die oggend

Die Teems in die oggend