Daily Archives: 17/04/2017

Oefening en idees

Op die naweek besoek ek vriend wat ek nou baie selde sien want sy het nou jong kinders (wat Afrikaans kan praat) en dis ook ver om te ry, maar ek is altyd gelukkig dat ek gaan. Dis ook ‘n skaars geleentheid om Afrikaans met ander mense te gesels en alhoewel hulle Afrikaanssprekend is en dus praat beter Afrikaans as ek, ek hou daarvan om saam met Afrikaanssprekers uit te hang en te luister. Ons staan en braai in ‘n Londense tuin, ‘n klompie mense met blikkies bier wat Afrikaans praat.

Ek weet dat hoe min ek praat hoe min ek maklik kan praat. Ek het nodig oefening. Een ding wat ek nou doen, is om DVDs met die Nederlandse onderskrifte te kyk. Weinig DVDs bied Afrikaanse onderskrifte aan, daaroom moet ‘n man improviseer. Wat ek besef is dat ek goed kan lees en verstaan. Die woordeskat is natuurlik ‘n bietjie anders en die vertaling tussen Engels, Nederlands en Afrikaans is nie altyd presies nie, maar mense së hierdie ook oor vertalings tussen net twee tale. Ek skryf neer nuwe woorde wat ek later moet leer. Hierdie is beslis een voordeel van Afrikaans wat ‘n verwante taal hê as ‘n naslaangids. Ek skryf hieroor want dis een van die mees nuttige stukkies raad wat ek weet. Okei dis baie spesifiek aan Afriaans maar ek kan maar gee die raad wat ek het.

Ek lees nog steeds veel van die blogs van die poligot gemeenskap wat advies uit gee. Ek lees die e-posse en ek erken beslis veel goeie idees, maar terselfdertyd merk ek hoe die klem lê meer op boeke en kurusse wat hulle verkoop en minder op hul ervaring en vooruitgang. Ek lees dat mense tale leer, maar ek wil lees oor hoe en wat hulle leer. Ek wil lees hoe goed hulle hierdie nuwe tale keb. Dit blyk te wees dat slegs Esperantosprekers blogs gebruik sodat hulle kan oefen en versprei die taal ver.

Die gebrek aan ‘n sentrale internet forum vir Afrikaans is ‘n nadeel, wat leerders oor die hele wêreld lok. Die gebrek aan leerders is ook ‘n swakpunt. Hoe ons nodig het ‘n Duolingo kursus.