Op soek na Afrikaanssprekers

Elke paar maande dink ek oor hoe ek nuwe geleenthede kan kry om Afrikaans te praat. Dis goed om te lees en te leer maar sonder om te praat verloor ek my woordeskat. Toe ek laas met Afrikaanssprekende vriende uitgehang het, het ek min Afrikaans gepraat. Soms voel jy dis net makliker om net Engels te praat sodat almal kan verstaan.

So, hoe vind jy ander sprekers in ‘n stad? In teorie is die antwoord die internet. ‘n Bietjie soos internet dating is daar webblaaie waarop jy kan (weer, in teorie) ander mense wat dieselfde stokperdjies het so as jy van rekenaar spele hou of wil ander perdryers vind kyk jy op Meetup byvoorbeeld.

Die probleem is dat Afrikaans ‘n klein taal is. Dis maklik vir leerders van Spaans byvoorbeeld, dis ‘n wêreld taal vol leerders uit elke land en in elke stad. Afrikaans is klaarblyklik nie so populêr nie en jy vind selde ander leerders. Dus soek jy op Suid-Afrikanase kuierplekke soos die koerant en die sosiale groepe vir ex-pats.

Die probleem soos ek op veel keer gesê het, is dat in die buiteland Suid-Afrikaanse kultuur uit braai, rugby en rugbytrui bestaan. Ek probeer nie om lid van hierdie groep word nie; ek kyk soms rugby of braai met Suid-Afrikaners maar ons is vriende en ander nie-Suid-Afrikaners kom saam. Nee, ek dink mense erken dat ex-pat groepe ‘n spesifieke rol het vir dié wat ver van hulle land is en jy sou ‘n bietjie vreemd lyk as jy vra om aan te sluit. Ek probeer nie om Suid-Afrikaner te wees nie – ek is nie, dis my pa wat uit die land kom – en soms toe ek met Suid-Afrikaners gesels het, voel ek dat hulle ‘n bietjie suspisieus oor my motiverings is. My motivering is net om Afrikaans te praat en te verbeter.

Daar’s ‘n paar Suid-Afrikaanse sosiale groep in Londen wat ek gevind het so skryf ek ‘n boodskap en verduidelik dat ek ander sprekers soek en vra of miskein het hulle lede (of ken hulle mense) wat dalk kan help. Ja, dit voel baie soos internet dating met jou eerste boodskap en jy wil hê nie dat jy baie vreemd lyk nie. ‘n Kort boodskap wat hulle uitnooi om te beantwoord. As jy soek nie, vind jy nie. Ek wag nou tot om terug te hoor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam