Daily Archives: 29/07/2013

Meer gedagtes oor e-boeke

Ek het nou my Kindle al ‘n paar maand lank en dis vreemd hoe dit my verander het. Ek haal dit altyd saam met my as ek iewers heen gaan, dis een van nodige goede om te onthou om saam met my foon en musiek speler, reiskaartjie, geld en sonbril te vat – ja, ek dra sonbril so veel soos ek kan.

Ek weet ‘n boek is net so good maar dis seker makliker om my Kindle te lees as ek op die moltrein of nagbus sit en ry. Nes wanneer ons almal mp3-spelers vir die eerste keer gekry het, het ek nou die keus om deur verskillende boeke te blaai, om ‘n hofstuk hier en ‘n paar blaaie daar te lees. Miskien het ek ook my fokus verloor as ek nie op slegs een boek kan konsentreer nie.

Ek het reeds ‘n paar Afrikaanse boeke gelees wat ‘n Engelse vertaling het, en ek voel beslis dat my kennis van die taal baie verbeter het. Ek lees meer maklik nou blaaie en as ek nie al die woorde ken nie kan ek die sin baie goed volg. Die belangrikste ding is om nuwe woordeskat te leer en ek merk woorde sodat ek later hulle aan my woordlys kan byvoeg. Soos altyd moet ek meer geleenthede vind om te praat. Daar is ook veel Engelse boeke wat gratis is oor ‘n groot maat onderwerpe wat ek lees en leer.

Gevolglik is ek nou op soek na ander Afrikaanse e-boeke en e-tydskrifte om daarop af te laai, en hoe goedkoper hoe beter. Ek wil ontdek net hoeveel Afrikaanse e-leesgoede beskikbaar is. Dis maklik om op Amazon al my aankope te doen, maar ek moet meer gebruik maak van Kalahari en ander inheemse Suid-Afrikaanse uitgewers wat min bekende skyrwers uitgee. Daardie weg kan ek ‘n beter kennis van Afrikaanse skrywers kry as dit moontlik is om direk van hulle af te koop.

Ek moet ook resensies op Amazon skryf oor die boeke wat ek gelees het, om terugvoer te gee sodat ander belangstellendes goeie Afrikaanse skrywers kan laat ken. Dis een weg om my verbeterde kennis te gebruik, maar ja ek maak ook nog veel foute.

Môre gaan ek Leeds toe met werk per trein so sien ek baie daarna om vir ‘n paar uur te sit en lees, hoe lekker.