Arwantië 2953

Ek het julle vroeër aangemoedig om Eben se boek Arwentië 2953 te gaan koop, wel nou kan julle.

Dis nou beskikbaar om as eboek af te laai, gaan Smashwords toe om jou kopie te kry. Jy kan dit in veel verskillende formats kry en nou wag ek vir die Amazon Kindle Touch op verkoop in Engeland te word dan gaan ek een koop. Maar vir nou lees ek op die Kindle app op my iPhone.

Arwantië 2953 by Eben van Renen - die beeste Afrikaanse roman van hierdie jaar

Gaan koop hierdie boek!

Na my vroeër skrywe het ek met Eben geskype en ons het oor wetenskapfiksie gepraat. Hy sê vir my oor Afrifiksie wat Afrikaanse wetenskapfiksie uitgee en wat die enigste kampvegter (is dit die regte woord in hierdie konteks?) daarvoor blyk te wees. Daar was ook ‘n onlangse berig, in Rapport oor hulle nasionale kompetisie so lyk dit ‘n groeiende tipe fiksie met veel skrywers en deelnemers.

Eben het ook vir my oor sy boek gesê, Arwantië 2953 wat binnekort gepubliseer sal word. Ons het ‘n paar jare gelede ‘n bietjie gesels oor sy pogings om Afrikaanse wetenskapfiksie te skryf so dis fantasties dat uiteindelik sy boek, sy idees uitgegee sal word. Ek is baie beïndruk. Ek sien baie daarna uit om te lees en ek moet hom weer vra om ‘n kopie aan my te stuur. As nodig moet ek pleit! As die eboek opsie uitgegee word sal ek dan ‘n goeie rede hê om ‘n Amazon Kindle te koop want ek wou graag een kry.

Daar’s meer inligting op die Afrifiksie webblad oor sy idees wat julle makliker as ek sal kan lees.

Arwantië 2953

Nou moet ek my Afrikaanse boek begin skryf, gooi my julle idees vir die onderwerp asseblief!

Afrikaanse wetenskapfiksie

Gister het ek na die British Library toe gegaan want ek wou die Out of This World: Science Fiction but not as you know it vertoning sien. Terloops was dit die derde keer dat ek gegaan het, maar op hierdie keer gaan ek om Lauren Beukes te hoor praat oor haar boek Zoo City en oor wetenskapsfiksie.

Sy het iets baie interessant gesê dat “JM Coetzee’s Waiting For The Barbarians is taken from science fiction”. Dis presies wat ek gedink het toe ek dit gelees het en toe het ek haar oor Afrikaanse wetenskapfiksie gevra en of sy ‘n paar skrywers kan aanbeveel. Sy sê as ek ‘n boodskap aan haar stuur sal sy vir my ‘n paar name gee en sy stem saam dat Afrikaans ‘n goeie taal vir wetenskapfiksie is.

Dit herinner my aan ‘n pos wat ek in 2008 begin skryf het maar het nooit voltooi of uitgegee nie. Ek weet nie hoekom ek het nie destyds uitgegee nie maar nou voel ek meer seker dat ek op die regte pad was.

—–

Ek lees Eben se onlangse pos oor Afrikaanse wetenskapfiksie [ongelukkig is dit nou nie beskikbaar aanlyn nie] en hy vra:

“Wonder of dit net nog ‘n bewys is dat die idee van ‘n Afrikaanse of Afrikaner toekoms vir meeste mense te belaglik is?”

Dis seker ‘n interessante vraag en sy gedagtes is natuurlik anders as myne. Ek het nie voorheen gedink oor ‘n moontlike konneksie tussen Afrikaanse wetenskapfiksie en die toekoms van Afrikaans of Afrikaners nie. Op die ander kant herinner dit my aan ‘n artikel wat ek jare gelede gelees het wat vra, “Sal Afrikaans net in die monde van Kleurlinge en buitelanders bly praat?”.

Soos Eben sê is daar baie min Afrikaanse wetenskapfiksie skrywers of boeke. Daar’s ‘n paar Fritz Deelman en ook Interster en miskien ‘n paar anders maar dis moeilik om hulle te vind, wat ek op my onlangse kuier in in Suid-Afrika ervaar het. Eintlik was ek nie beïndruk met die hoeveelheid Afrikaanse goede wat op verkoop was nie maar miskien wys dit dat elke jaar word baie min nuwe goede uitgegee. As nie in Suid-Afrika nie, dan waaruit?

Ek dink Afrikaans is te plaaslik om te hê dat buitelanders boeke sal skryf. Wat ek bedoel is, is daar veel skrywers wat Engels of Spaans of Frans as tweede- or derdetaal ens praat en in daardie tale skryf. Maar dit lyk my dat Afrikaanse boeke ‘n Suid-Afrikaanse ervaring vertel. So wonder ek, kan Afrikaanse wetenskapfiksie die leser na ‘n letterlike en letterkundige verskillende wêreld neem?

Kyk na die geskiedenis van Afrikaans en jy besef dat in ‘n paar manier is die storie oor die taal en die sprekenders – Afrikaners, Kleuerlinge groepe, bannelinge, ontdekkers, skelms – ‘n bietjie soos ‘n wetenskapfiksie verhaal; ‘n nuwe wêreld, geskei van die ou land en om hulle nuwe land, identiteit en bydra te maak, die stryd teen ongeluk. Die manier waarin hulle eie taal begin verander het en toe hulle begin besef dat hulle hulself verander het, net soos baie ander nedersetter gemenskappe in nuwe wêrelds klink soos ongelooflike fiksie. Maar wat was die nuwe idee vir die mense? Hoe het dit hulle aparte van ander mense afgeskei? Hoekom en hoe het hulle afgewyk? Het hulle anders begin dink?

Ek het met Christine gepraat en ons het gedink om wetenskapfiksie te begin skryf. Ja ek weet ons sal nie, maar dis ‘n goeie idee. Ek wonder dat miskien wetenskapfiksie die skrywer en leser die geleentheid sal gee om die taal na nuwe idees te lei. Ons het ‘n bietjie oor hierdie onderwerp op Johan se ou potgooi gepraat [ek twyfel of dit nog beskikbaar is maar miskien het ek dit afgelaai so sal sien of ek dit aanlyn kan sit] so miskien weet julle ‘n bietjie oor my gedagtes.

[Geskryf oorspronklik in 2008.]