‘n Stad in die woestyn

Dit voel asof ek maande gelede in Las Vegas gewees was, maar ek het eintlik net twee weke terug gekom. Ek het reeds seker veel vergeet. Dit was my derde besoek en my vrou se vierde en ons het na my vriend Ebony se trou gegaan. Ongelukkig het ek geen Afrikaans gepraat nie so moet ek nouw ‘n bietjie opwarm voor ek weer dit beter kan praat.

Ons het weer na The Gun Store toe gegaan om geweers te skiet, dis ‘n baie populêre en verfynde toeriste aktiwiteit. Ons het meestal net rondgeloop, op die slot machines gespeel – en het meer geld gewen as verloor – en veel Starbucks tee gedrink! Die Stratosphere was baie cool en daar’s so ‘n mooi uitsig oor die stad, die hotels en die voorstede. Die stad lê op die vlakte tussen die berge en jy besef daar’s geen reed vir om dit te bestaan nie, dit lê in ‘n woestyn en nou groei dit te vinnig dink ek. Daar’s te veel nuwe geboue en nie genoeg nuwe mense en geld nie. Dit hang te veel af van besoekers se geld – dit produseer niks en vreet al die hulpbronne en suip al die water.

Ek moet ook sê elke keer as ek in Amerika is, raak ek minder en minder beïndruk met Amerikaanse kos! Ek weet Las Vegas is nie ‘n tipiese Amerikaanse stad nie, dis ‘n partytjie stad en vol toeriste ens, maar die kos is baie ongesond en is vol suiker, vet en sout. Amerikaners vreet. (Eintlik vreet al die toeriste ook.) Ek het begin uitsien daarna om terug na Londen te kom sodat ek iets ‘n bietjie meer gesond kon eet! Jammer as jy Amerikaner is, sê vir my dat Las Vegas ‘n anomalie is.

En ding dat ek gemerk het, soos ek vroeër geskryf het toe ek in New York was, is net hoe diwkels en hoeveel mense Spaans praat. Ek twyfel dit sal Engels verplaas en dis nie asof alles en almal besig is om te verspaans nie. Ek dink daar sal meer rede wees om vir iemand Engels te moet leer as jy ‘n vreemdeling in Amerika is. Maar op die ander kant, praat meer en meer mense Spanns en nie net mense van Sentraal-en Suid-Amerikaanse oorsprong nie. Jy hoor die grootouers praat meestal Spaans, die ouers praat Spaans met die ouers en Engels met die kinders en die kinders meestal Engels onder mekaar en praat nog Spaans. Ek weet nie wat ander mense se ervarings is nie, dis net die wat ek gehoor het. As jy Spaans ken, verskyn dit ‘n groot verskil te kan maak en ‘n voordeel te gee. So nou nog een ander reed om ‘n bietjie Spaans te leer, ek moet nou my Spaans boek gaan vind.

En ook, my foto’s.

Ek en my geweer!

Ek en my geweer!

Die Stratosphere

Die Stratosphere

Die Stratosphere, 800 voet bo die strate!

Die Stratosphere, 800 voet bo die strate!

'n Lui luiperd.

'n Lui luiperd

Die Luxor Hotel. Die tema is Iron Maiden se Powerslave album.

Die Luxor Hotel. Die tema is Iron Maiden se Powerslave album.

Binne die Luxor Hotel.

Binne die Luxor Hotel.

Nuwe wolkekrabbers, wonings en winkels.

Nuwe wolkekrabbers, wonings en winkels.

New York New York, dis okei.

New York New York, dis okei.

2 thoughts on “‘n Stad in die woestyn

  1. VerdantSF

    Ek wens ek kon sê dat dit ‘n anomalie is, aangesien die kos in San Francisco baie gesond is. Ongelukkig dink ek dat San Francisco die anomalie is :(.

  2. Alexander Post author

    Wel die kos in New York was nie te ongesond nie, maar ons was net toeriste so wat weet ons! Ek dink die hele California gesond lyfstyl eindig op die die grens tussen die twee state!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam