Meer gedagtes oor Koos Sas

Ek dink ek was die enigste mense wat van Koos Sas: The Last Bushman of Montagu baie gehou het. Okei, ek is Engelsseprekend so miskien was ek meer beïndruk met die feit dat ek ‘n Afrikaanse play in Londen gesien het. Ek het vandag e-posse omgeruil met die vrou (‘n vriend se vriend) wat die publisiteit vir beide Koos Sas en Karoo Moose gedoen het en sy verkies Karoo Moose maar sy erken dat miskien ‘n play in Engels meer “toeganklik” is.

Na my mening – en soos ek vroëer verwys het – was Karoo Moose meer moeilik om te verstaan met al die “emosie en gevoel” – ja ek weet dis ‘n baie manlike klagte. Koos Sas herinneer my ook aan André Brink se Inteendeel oor Estienne Barbier, ‘n boek wat ek baie geniet het. In die twee het David en André die leef van hulle respektiewe held probeer vertel, ‘n held wat se lewe nou ‘n mengel van feit en fiksie is om vir ons ‘n nuwe karakter te gee – die renegaat en skelm wat die outoriteite geveg het en na die binneland moes vlug voordat hulle uitendelik doodgemaak is. Wel dink ek so. Daar’s meer maar op die oomblik dis al wat ek kan skryf.