Archive

Posts Tagged ‘Afrikaans’

Afrikaans en voetbal

October 31st, 2009

Gisteraand het ek na die Zeitgeist Duitse kroeg toe met Johan, Willem, Chris, Natasha en Ron gegaan en ons het lekker gekuier. Dit het my aan die dae van die oorspronklike Afrikaanse koffiekroeg herineer en ons het gesels en gelag in Afrikaans en Engels. Ek kan nie sê dat ons al die wêreld se probleme uitgesoort het maar miskien ander keer. So dink ek ons sal weer op ‘n meer gereelde basis ontmoet en miskien ‘n paar meer potgooie maak en hopelik ook ‘n paar ander sprekers vind.

Vanaand het ek na die Arsenal teen Tottenham Hotspurs wedstryd toe gegaan, die North London Derby. Ons, Arsenal, het nie sedert 1999 teen Spurs in die liga verloor nie en het elke seisoen sedert 1994-95 bo hulle gekom. Hierdie seisoen is Spurs baie hoopvol en praat in die koerant hoe hulle nou so goed soos ons of beter is so almal was baie opgewonde toe hulle na Emirates Stadium gekom het. Twee ome en hulle kinders in Johannesburg is ook Spurs bewonderaars. Hulle sal altyd teleurgestel wees.

Wat kan ek sê, ons het hulle goed geklop, dit was 3-0. Ons het twee doele binne 11 sekondes gekry – die snelste twee doele ooit in die liga – en toe was daar net een span in die wedstryd. Dit was fantasties en ons almal het gesing en gelag en die atmosfeer onder ons was briljant, beter as ‘n mens kon glo.

Hulle afrigter klink so bitter op die radio as hy probeer verduidelik wat plaasgevind het en hoe hulle heeltemal gedonner is, hy weier om te erken hoe beter ons was en sê “there wasn’t a good goal amongst them” en “I could see us certainly getting a big result”. Ja ek verstaan hoe ‘n afrigter moet praat en hy wil moedig lyk, maar niemand stem saam met hom nie, dis baie snaaks. Dis hoe jy die verskil tussen ‘n goeie span en baie goeie span ken, die bekwaamheid van die baie goeie span om iets so skouspelagtig te kan doen dat dit die wedstryd verander, iets wat die ander span kan nie doen nie. Hulle was te besig om te sê hoe goed hulle is en toe het ons hulle gewys dat dit nie so is nie. Man, dit was was uitstekend. Vanaand is ons nes altyd die konings van noord-Londen.

Boring, boring Arsenal!

3-0 to the Arsenal!

3-0 to the Arsenal!

Aanval!

Aanval!

Author: Alexander Categories: Alexander Tags: ,

Afrikaanse teater in Londen, wie wil kom?

May 22nd, 2009

Johan het ook daaroor geskryf so wie wil kom om Koos Sas: Last Bushman of Montagu te sien? Ek het ‘n paar week gelede daaroor gelees so wil gaan kyk.

Author: Alexander Categories: Alexander Tags: ,

Endgame en vreemde aksente

May 6th, 2009

Maandagaand het ek Endgame op Channel 4 gekyk. Die akteurs was fantasties, die storie baie interessant en ek was baie beïndruk. Hierdie tipe historiese TV rolprente is op die oomblik baie populêr, byvoorbeeld oor Nazis, Mrs Thatcher, the Miner’s Strike of Frost/Nixon.

Nou weet ek dat party Suid-Afrikaners dalk ‘n bietjie anders daaroor sal dink. Alle kulture of gemeenskap dink dat nie-lede se persepsie of vertolking van hulle ‘n bietjie verkeerd is en in my ervaaring (en in my argumente met hulle!) is Suid-Afrikaners nie anders nie. Almal het hulle eie persepsie en gedagtes oor ander lande. Mense het hulle eie oor ons Britte en die VK (wel gewoonlik slegs oor Engeland). Maar ek wil nie oor die waarheid of akkuraatheid van die program skryf nie.

Ek wil oor die Afrikaanse aksente praat. Dikwels lees ek in die koerante net hoe moeilik dit is (of so hulle sê) om die Afrikaanse aksent reg te praat. Die resensies vir Endgame was nie anders nie. Ek lees dat Engelssprekende akteurs daarmee sukkel en Suid-Afrikaners sal soms sê hoe verskriklik die pogings is. Dis net soos Engelse aksente, veral as buitelanders dink hulle ‘n goeie Engelse aksent kan spreek en hulle is mos verkeerd! Ek glo dat akteurs gewoonlik ‘n vreemde aksent goed kan spreek. Kyk na The Wire en jy besef nie dadelik dat Jimmy McNulty en Stringer Bell eintlik Engels is nie. Mense het hulle geleer hoe om so te praat. Ek dink hulle klink eg, miskien sal Amerikaners verskil.

Nee, ek dink mense praat oor die verkeerde ding. Dis nie die aksent nie, dis die weg hoe hulle die vreemde taal praat. Wat ek bedoel is, praat akteurs gewoonlik in rolprente die standaard of gesofistokeerde taal sonder foute. Daar’s ‘n verskil tussen om ‘n vreemde taal soos ‘n tweede moedertaal te kan praat en net om dit baie goed te kan praat. Ek ken veel Afrikaners (en Swede) wie se Engels uitstekend is maar as Engelsspreker merk ek baie klein dinge wat anders is, wat ek sê nie, wat aandui dat hulle Engels is op skool geleer het. Miskien is dit ‘n grammatika fout (hulle gebruik hulle eie grammatika as onseker) of die verkeerde woord of idioom, gewoonlik net een of miskien twee keer wat dit wys maar in rolprente praat almal soos eerste-taal spreker maar met ‘n verskillende aksent.

En daarin lê my enigste kritiek met Endgame en ander soortgelyke rolprente. Die akteurs was te goed. Om heeltemal eg te wees moet jy foute maak. Moenie vergeet nie, ons eerstetaal sprekers maak ook foute maar ons tipe foute is amper inheemse. As ek Afrikaans praat, sê ek dinge soos ons in Engels sê. (Ek het op ‘n paar keer met Afrikaners geskryf wat nie besef dat ek Brit is nie so ek weet nie wat dié bedoel nie. Ek is deurgemekaar!) Dis verkeerd, maar dis ook die tipe foute wat mense sê as hulle ‘n vreemde taal probeer praat. Hulle het nie Suid-Afrikanse Engels gepraat nie maar Britse Engels met vreemde aksent en dis dieselfde as akteurs wat Duitsers, Suid-Afrikaners, Russe ens speel, hulle klink soms ‘n bietjie soos die Counting Count (of Graaf Tel in Nederlands).

Ek wil nie onbeskof wees nie en probeer nie om jou te kritiseer nie. Ek weet my Afrikaans is ver van vlot af, dis net ‘n opmerking en ek wil weet as jy ook so dink.

Author: Alexander Categories: Afrikaans, Alexander Tags: ,

Vandag kla ek minder

March 26th, 2009

Daar’s nou ‘n Afrikaanse ou op my verdieping met wie ek soms moet werk. Ons het gister ‘n bietjie Afrikaans gepraat maar hy’s te bly om Engels te spreek. Hopelik sal hy sy fout besef.

Ander nuus? Môre werk ek nie en my vrou en ek moet besluit wat ons wil doen. Miskien gaan ons weer na Kales toe of net in Londen bly en maak niks.

Author: Alexander Categories: Alexander Tags: