Tag Archives: Spoegwolf

Nog ‘n jaar en nog ‘n Spoegwolf konsert in Londen

Oor die jare ná die pandemie, kom Spoegwolf elke sommer na Londen om ‘n konsert te speel. Die lokaal is nie in Camden nie dus ‘n bietjie verder van die naglewe en kroeë. Dus volg dit dat die skare ouer lyk en nog minder cool of minder dronk as dié by die konsert van Fokofpolisiekar in Junie. Daar was seker minder mense en die balkon was geslote. Op die ander kant, verkies ek die lokaal wat meer ruimte het sodat mense kan sit en gesels. Maar dis Vrydagaand en die atmosfeer voel vriendleik en klompie vreemdelinges het aan mekaar gesels en nuwe vriendskap gemaak.

Spoegwolf speel in Londen

Spoegwolf speel in Londen

Wat van die musiek? Ek ken nie Ryno Velvet se musiek nie maar hy speel ‘n gitaar en ‘n skoptrom terwyl ‘n vrou sing. Is sy musiek tipies van die platteland, ek weet nie. Dis seker meer akousties en, na my mening, meer country wat miskien populêr is. Hy kan goed sing en die twee musikante sing ‘n Fokofpolisiekar liedjie wat die hele kamer goed ken.

Spoegwolf is enigmaties. Die sanger laat my na die nar in Paljas dink. Hy skop sy been hoog in die lug soos Johnny Clegg en skeur sy hemp en gooi water oor homself. Ek het vroeë beskryf dat hulle rock musiek uit ‘n warm land speel en op die aand dink ek aan Men At Work en aan hoe mense oor Australië in die 1980s gedink het. Die band weet goed hoe om melodies te skryf. Jy kan saamsing en dans, en hoewel hulle nie so cool soos Fokofpolisiekar is nie, lyk hulle meer populêr onder vroue in die skare. Dis nou ‘n trasdisie en ek sien na die konsert in Londen in 2026 uit.

‘n Week later het ons na The O2 gegaan om Judas Priest en Alice Cooper to kyk. Ons het laat aangekom en daar het twee outjies langs ons gesit wat deur die hele gig gestaan het. Ten spyte van die lawaai het ek hulle hoor praat en ek herken ‘n Suid-Afrikaanse aksent. Intussen die twewe bands het ek ‘n bietjie met hulle gepraat, wat uit Johannesburg kom.

Hulle was heelemaal baie verbaas toe ek Afrikaans begin praat sonder ‘n waarskuwing. Fetlik die gesigte was ‘n skildery toe hulle my hoor praat het! Vir my was dit baie pret om te gesels en oor Suid-Afrikaanse musiek te praat en idees en om aanbevelings te gee. ‘n Mens kan oor die hele werêld reis, maar nes ‘n jong wat ‘n heavy metal t-shirt dra sal jy altyd sonder moeite Afrikaans vind.

Spoegwolf kom weer speel

Saterdagaand het na Camden gegaan om Spoegwolf te kyk. Dit was die tweede keer binne één jaar dat almal kom speel het as ‘n deelte van hulle Europese toer van Amsterdam, Dublin en Londen. Seker g’n groot internasionale toer nie maar ‘n band en ‘n fan kan nie kla nie as hulle in die buiteland speel en besonderlik as jy in Afrikaans sing.

Die advertensie vir Spoegwolf

Die advertensie vir Spoegwolf

Dit was merkbaar dat veel. minder mense kaartjies gekoop het, maar die atmosfeer en die crowd was nog steeds baie entoesiasties en wou hard partytjie hou.

Twee Afrikaanse outjies het saam met my gekom, wat nie vooraf oor die gig geweet het voordat ek vir hulle gesê het so miskien is my rol net om die woord ver en wyd te versprei.

Die  bass gitaar-spele sing

Die bass gitaar-spele sing

As ek verlede jaar geskryf het, klink Spoegwolf anders as rock musiek uit Europa of Amerika. Ek verwys nie na die taal nie, maar na die styl. Hoor ek ‘n bietjie die invloed van volksmusiek in die struktuur van die liedjies? Klink só al die bands wat op die plattelande van die nuwe wêrelde speel? Ek is geen kenner of navorser van daardie musiek nie, maar ek hoor iets anders wat spring en dans miskien soos tradisionele volksdans-musiek. En ‘n oorpak is beslis baie anders, maar hulle het hul eie styl en ek mag nie kritiseer nie.

Die lig skyn te veel

Die lig skyn te veel

Ons drie vra, waarvandaan kom al hierdie Suid-Afrikaners? Hulle is veel jonger as ons so ons ken niks oor hierdie generasie mense in buiteland nie. Ons sien hulle nie in Londen nie en hulle bly ‘n raaisel. Hoe gaan ek hulle vind?

Spoegwolf speel in Camden

Spoegwolf speel in Camden

Jy wag al jare lank voordat een Afrikaans band om te kom speel, dan kom ‘n band speel

Wie is Spoegwolf? Ek het myself só gevra toe ‘n vriend vra of ek hulle wil gaan kyk. Hoe het ek nie al geweet dat ‘n Afrikaans rock band na Londen kom nie? En hulle speel in Camden, die hart van die cool buurt van die stad met al die bars vol musiek en drinkers.

Spoegwold speel in Londen

Ek staan by die bar om ‘n paar drankies te koop en ek luister na almal wat gesels. Ja hulle is jonger as ons en hulle praat graag Afrikaans met vriende, met nuwe vriende wat hulle net nou gemaak het, en met vriende wat hulle nie vroeër geweet het dat nou ook in Londen bly nie. Dis ‘n plesier om so ‘n gebeurtenis by te woon. Die pandemie is ver weg en die recessie is nog nie op die horison nie.

Wat van Spoegwolf? Ja ek het dit baie geniet. Mense skryf dikwels oor energie of gees of soiets en ek is onseker soms wat hulle bedoel. Maar hulle speel liedjies wat die crowd laat sing en dans. Hulle is meer melodies dan ek verwag het. Hulle klink nie soos die Britse of Amerikaanse indie rock band waarna ek gewoon luister nie. Hoe beter kan ek beskryf? Na my (baie onbepaalde) mening, klink hulle soos ‘n outback band uit Australië. Natuurlik klink hulle anders weens Afrikaans, maar hulle klink soos rock musiek uit ‘n warm land. Daar’s duidelik ‘n goeie rede hoekom ek g’n musiek joernalis is nie, nè?

Ek is baie gelukkig dat ek besluit het om te gaan. Afrikaans musiek, ‘n nuwe Afrikaans band om te luister, en die kennis dat daar nog veel Afrikaanssprekers in die stad is.