Aan die see in die mondrivier

Op die naweek was ek weer in België en Nederland op my somervakansie. Miskien is dit nie die gunstelinge bestemming nie, maar as jy lees dan weet jy my. Eers het ons ‘n musiekfees net buite Gent bygewoon met Vlaamse vriende wat my tipiese vakansie is. Ek het glo ‘n paar Vlaamse mense herken wat ook by die fees was – dit was die vierde keer toe ek gegaan het – en snaaks die hotel het my onthou weens my vorige poging om Afrikaans en Nederlands te praat.

Orals in Europa is die weer al maande lank baie warm; die gras is geel en droog, die riviers en mere is nie vol nie en die hitte is, op die naweek, het warm in plek van baie warm. Op die ander kant, is die goed om terug in ‘n Nederlandstalige stad te wees. In Sint Baafskatedraal, het ons Het Lams Gods gesien, ‘n polyptiek wat deur die broers Jan en Hubert Van Eyck ververf is.

Het Lam Gods deur Jan en Hubert van Eyck

Het Lam Gods deur Jan en Hubert van Eyck

Ek kon ‘n bietjie in winkels en restaurants Nederlands gesels wat altyd my goed laat voel, en ja hulle het my verstaan wat die belangrik ding is. Vertroue en geleentheid is die belangrikste faktore, en ek is meestal bereid om te probeer. Dis vreemd, maar in Gent het ek meer Frans gehoor as in die verlede.

Saterdag het ons met ‘n Vlaamse vriend na Nederlands gery. Al jare lank wil ek die Westerskelde besoek, die estuarium van die river Skelde. Veral wou ek Neeltje Jans besoek, ‘n kunsmagtige eiland wat ‘n gedeelte van die Oosterscheldekering vorm. Op die eiland staan daar ‘n restaurant, windkragaanlegge en ‘n musuem wat feitlik baie interessant oor die Watersnood van 1953 toe die hoëseewater skielik in Nederland en England gevlooi het wat tot ‘n ramp gelei het en veel dode.

Toe het ons na die strand by Domburg gery, wat ‘n beroemde kusdorp op Walcheren-eiland is. Die strand is mooi en rustig vol families en mense wat lekker aan die see rus en ontspan. Daar staan ook ‘n herdenking aan Belgiese, Britse en Noorse kommando’s wat die gebied in 1944 vry help maak het. In noord-België is daar veel oorlogsbegraafplaase van soldate wat in die oorlog gesneuwel het en selfs nou voel mense in die area baie trots op die tweedeoorlogsbegraafplaase en doen baie om hulle te bewaar.

Herdenking aan Belgiese kommando's

Herdenking aan Belgiese kommando’s

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam