Daily Archives: 18/03/2015

Sint Patricksdag

Die vlag van Montserrat bo-op die Foreign and Commonwealth Office

Die vlag van Montserrat bo-op die Foreign and Commonwealth Office

Toe ek gisteroggend op Whitehall na werk toe gestap het, het ek die nasionale vlag van Montserrat, een van die Britse oorsee gebiede in die Karibiese See, bo-op die Foreign and Commonwealth Office gesien. Sint Patrick dien ook as die eiland se beskermheilige so soos Ierse dwarsoor die hele wêreld, en ook die hele wêreld selfs, vier die eilandbewoners die dag. Ek dink min mense het geweet hoekom die vlag wapper of gesien.

Ja dis nie die beste foto nie en jy moet my woord glo dat dit eintlik die regte vlag is en dat dit vir sommige rede interessant is. Ek weet nou dat ek nooit ‘n begaafde fotograaf sal word nie wat geen verrassing is nie. Ek is net die tipe oke wat onmerkwaardige foto’s vir blogs neem net soos die res van die wêreld op die internet maar foto’s wys iets interessants.