Daar bestaan lewe buite Londen

Soos veel Londenaars is ek ‘n bietjie te onwillig om Londen te verlaat, ek vergeet daar bestaan soveel plekke om te sien en te besoek. Ek kyk na my Suid-Afrikaanse vriende en hulle het soveel dorpe, stede en graafskappe besoek wat ek nooit een keer besoek het nie, plekke wat selfs Engelse vriende besoek het. Ek wil ‘n reisiger wees maar ek weet ek wil nie genoeg om die poging te maak om te gaan ry nie.

Op die ander kant weens my pa se loopbaan het ek na lande en stede oorsee en ook in Brittanje toe gegaan wat amper geen vriende heen toe gegaan het nie. Vervelige dorpies waarin ons gesin ‘n paar weke of maande of jare deurgebring het, plekke waar amper niks plaasvind nie. Ek onthou as kind dat ek altyd in die vakansies so verveld was. Ek het baie min mense geken – ek was op koshuis en ons het baie verhuis – so het dit ‘n groot indruk op my gemaak; ek wou nooit op die platteland of in ‘n klein dorpie bly nie. Ek verkies nou die groot stad waar ‘n mens kan anoniem wees, waar daar’s altyd die geleentheid om iets anders en nuuts te maak.

So, wat is my punt? Onlangs moes ek na ‘n klein dorpie toe buite Londen gaan vir twee vriende se bruilof partytjie. My ma bly in die omgewing so het ons vantevore kroeg toe vir middagete gegaan. In die aand het ek na die partytjie in ‘n hotel toe gegaan. Ek het weer besef hoe anders die land buite Londen is en ook hoeveel ek dit geniet het. Die lewe loop meer stadig verby wat ‘n bietjie vreemd voel. Terselfdetyd sien jy dat die verskille tussen Londen (en ander groot stede) en oral anders kleiner as die soortgelykhede is. Miskien het ek net nodig gehad om weg vir ‘n nag te gaan en die partytjie was so pret – die tema was die Dia de Muertos (Dag van die Dood) en ons almal het ons gesigte geverf soos Meksikaanse candy skulls (suiker skedels?) – maar dit was seker die moeite werd om my vriende se bruilof saam met hulle te vier.

In die oggend was ek bly om terug te kom maar ek weet ek moet meer van my land gaan sien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam