Die Afrikaanse uitdaging

Ek het onlangs ‘n boodskap ontvang van Jane af wat The Afrikaans Challenge skryf. Sy wil Afrikaans binne een jaar leer sodat volgende jaar kan sy deur Suid-Afrika op vakansie reis en op sy blog skryf sy oor haar pogings. Ek moet sê, dit is ‘n baie indrukwekkende webblad en haar entoesiasme vir die taal is blykbaar.

Ek skryf my blog nou al sewe jare lank maar ek voel nou dat ek dit moet opdateer. Ek voel myne lyk nou baie oudmodies! Almal gebruik sosiale media soos Twitter en YouTube om hulleself te bevorder en om nuwe belangstellendes te vind. Ek ken amper niks oor teknologie nie (en stel baie min belang daarin) so sukkel ek om hierdie blog te verbeter en te bevorder.

Vanoggend kry ek ‘n e-pos van Fredrik, ‘n Sjineser wat homself Afrikaans leer. Ons het ‘n paar maande gelede gesels en hy studeer nou in Engeland en is ook baie vurig vir die taal. Wanneer ek ander leerders ontmoet, inspireer hulle my om te aanhou leer. Dit herinner my aan hoekom ek besluit het om Afrikaans te leer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam