Reading 2009

Oh is this the way they say the future’s meant to feel?
Or just 20,000 people standing in a field.

Pulp, Sorted For E’s & Wizz

So ons is terug van Reading Festival af. Soos altyd, het ons ‘n baie lekker tyd gehad om in ‘n veld te staan en te dwaal met tagtig duisend ander mense! Ek dink dit was ons sewende keer dat ons daar gewees was. Ek het beplan om ‘n klein potgooi te maak maar ek is nou te moeg om te praat maar miskien oor die naweek sal ek ietsie doen.

Reading is een van die grootste musiekfeeste in Europa, seker een van die beroemdste. Dit loop vir drie dae en nae en trek duisende mense wat wil kampeer (nie ons), luister na musiek (‘n bietjie), drink (natuurlik) en geld uitgee (beslis). Dit merk ook die einde van die sommer en die begin van herfs. Elke dag het sy eie identiteit. Vrydag is almal baie opgewonde, energeties en skoon. Saterdag is almal dronk en ‘n bietjie lawaaierig. Kom sondag is mense moeg en vuil en wil miskien ‘n bietjie minder drink.

Gewoonlik is sondag die rock en metaal dag maar vanjaar was dit nie so nie en ons en ander mense was nie bly nie. In sy plek is daar meer dans bands, bands wat ek gewoonlik nie daarna luister nie so dis goed om Crystal Castles en Lady Sovereign sien wat baie goed was.

Ek het veel foto’s afgeneem maar ongelukkig het my geheue kaart besmet geword dus het ek veel foto’s verloor. Ek was nie bly nie.

Crystal Castles

Crystal Castles

Lady Sovereign

Lady Sovereign

The Gallows

The Gallows

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam