Moontlike ontmoetings voorstelle
June 21, 2007 on 12:08 pm | In Ontmoetings | 1 CommentOns het n paar emails gekry van mense af oor moontlike plekke om ons volgende ontmoeting te hou, en het n epos aangesit van een voorstel. As iemand nog plekke het wat julle wil voorstel, laat weet ons asb.
We have received a couple of emails about places where we can have meetings, and I have included part of an email we received. If you have a ideas, please let us kow as well.
*********************************************************************************
Hello there ,
How about somewhere in South London and why not get away from the usual SAFFA hangouts , ie Fullham , Earl’s Court , Barnes ect ect .
South London rocks ! esp Brixton , Clapham , London Bridge and they are all easy to get to.
*********************************************************************
Daar was nog n email, en dit was n voorstel vir die Noorde van London (jammer, ek kan nie die email kry nie, maar sal weer gaan kyk vir dit.)
Johan
Adres details terugvoer.
June 16, 2007 on 12:12 pm | In Nuus | 19 CommentsAs ons jou adres in ons address boek het, sal jy seker n email al van ons af gekry het, om jou details te update, of om seker te maak dat alles reg is.
As jy nog nie jou details update het nie, kan jy dit asb doen, of as jy op die email lys wil kom, kan jy vir ons n email stuur met jou besonderherd / kontak informasie, sodat ons dit in ons address boek kan sit.
Johan
PS Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie, maar word net vir die Koffiekroeg gebruik ………… en jy sal ook nie spam / gemorspos (lekker woord) kry nie.!
Internasionale Eben van Renen Dag
June 16, 2007 on 12:06 pm | In Nuus, Ontmoetings | 5 CommentsDie tyd het aangebreek dat moet begin om ons Internaional Eben van Renen Dag te beplan.
Eben het Afrikaanslondon / Koffie kroeg in London begin, en dit is ter ere van hom dat ons die dag herdoop het na die “I.E.v.R” dag toe. (Ek weet hy sal (nie) beswaar maak daarteen dat ons die dag na hom vernoem het - maar die naam het n lekker ring daaraan.)
Laas jaar het ons n piekniek in die park gehou, en miskien moet ons die jaar weer daaraan dink om n piekniek in die park te hou (hang van die weer af natuurlik ……)
So ons sal graag van almal af wil hoor wat julle van die voorstek dink, en as julle ons kan laat weet van datums wat julle sal pas, kan ons solank begin om dinge te reel.
Johan
Meeting time
June 12, 2007 on 12:10 pm | In Ontmoetings | 6 CommentsAs per the email, we would like to know when and where you would like to meet up.
If you want to let us know by posting a reply here on the website, then we can get something sorted out. (or you can send us a email as well to the normal email address)
Hope to hear from as many of you as possable.
Johan and Lex.
Ontmoeting …. enige voorstelle ?
June 7, 2007 on 12:51 pm | In Ontmoetings | 23 CommentsEk sit nou en dink, en dis weer tyd om bymekaar te kom., was nou al weer te lank te stil gewess.
Is daar iemand wat einge voorstel wil maak van waar en wanneer ons / julle weer bymekaar kan (wil) kom ?
Johan
Your thoughts …
May 23, 2007 on 11:24 pm | In Uncategorized | 6 CommentsI have decided to do this post / email in English, as I hope to reach more people with it, and hopefully get a bit of a conversation going.
I tend to forget that not everyone is fluent in Afrikaans, and that we (me) take it for granted, that when we make a post (or send a email) in Afrikaans, that everyone can read it in Afrikaans, and make sense from it. So that is why this is written in English tonight.
“Okay, so what are you going on about then?” you might ask ……
We have been thinking about ways to get afrikaanslondon to grow, and get a a bit more structured to the whole thing. At the moment we try and have a meeting on a Friday-night after work, normally in a pub or something. The problem with that is not every-one is able to attend (where we have the meeting), or that the time is not convenient, (ie. it is to early in the evening), family commitments or that you might have to travel far and wide to get to a gathering.
At the moment Alexander and myself try and organize the meetings (and I put my hand up that I have been a bit slow the last couple of months !), but like everyone else I have to juggle my time (between potgooie or podcasting (involved in 2 potgooie) / work / family / Die Koffie Kroeg / and my studies and a few other things that I am involved in), and not getting around to everything.
I would like to see afrikaanslondon (Die Koffie Kroeg) grow into a nice structured environment, where we can help you (learn) to speak Afrikaans, where you can have a chance to practice your Afrikaans, or if you are a South African, where you can meet up with fellow South Africans, speak a bit of the language, and just “shoot the breeze”.
As we have mentioned before, we are not interested in politics, colour, or any of that baggage that comes with being associated with being a South African (!!!!! still a tender point !!!!!), but purely in the appreciation of the Afrikaans language.
The only way that I see that we are going to get afrikaanslondon / Die Koffie Kroeg working (or growing), is to get as many people involved as possible. By that I mean;
-
posting on the website if you see something interesting about Afrikaans
-
ideas were we can have meetings (or gatherings) Be that in a pub / restaurant / going bowling / going to the zoo / going for a picnic in the park / having a braai / or anything that you think might work.
-
If we have been to quite (by not having a meeting), and you think we need to meet up, “mobilize the troops”, and organize a meeting.
We will take any help we can get, and will not be offended if you want to help / organize things . The more people that get involved, the better, as that will mean we will grow, and can make a success of it.
I hope that you will not be put off the Koffie Kroeg after reading this, or think that I am having a moan, but rather that you will look at this, as getting more people involved in the “Koffie Kroeg”, and see if we can create something that people would like to be involved in (or be part off).
That is my thoughts on this thorny subject, and we would appreciate any feedbacks / comments / suggestions or ideas that you might have. You can make a post on the website, or if you would rather send us an email (to the normal address), contact me directly ( admin at potgooi dot eu) then please do so.
We would like to hear from everybody out there, and the more feedback, the better, as then we will know what you want to do.
Johan.
Pad vorentoe
May 16, 2007 on 1:04 pm | In Nuus, Ontmoetings | 8 CommentsEk en Alexander het die laaste week of so gedink hoe om die AfrikaansLondon te laat groei, maar alhoewel ons baie planne kan uitdink, gaan ons (baie) hulp nodig he van julle af, die lede van AfrikaansLondon.
As julle enige voorstelle het oor ontmoetings, of hoe ons die Koffie kroeg kan laat groei, moet julle vir ons asb. laat weet. Ons besef daar is baie mense wat deel is hievan, en daarom wil ons van julle af hoor. Wat stel julle voor doen ons volgende, of waar stel julle voor ons ontmoet ons volgende.
Ek het gedink (gehoop) Wimbledon sal meer mense uit die voorsted trek, maar dit lyk ook nie of dit gaan werk nie.
So hier is jou kans om ons te laat weet wat julle wil doen, en waar julle sal bymekaar wil kom volgende Vrydag. ”Majority rules”, so as julle besluit om in die Noorde van London (as voorbeeld) wil by mekaar kom, dan doen ons dit.
Julle kan of n comment hier op die post los, of vir ons n email stuur, en laat weet wat julle dink. As jy nie jou naam genoem wil he nie, kan julle vir my (Johan) direk n email stuur by moddereiland (by) potgooi.eu, of vir die Koffie Kroeg, en vra om anoniem te bly.
Dis dit vir eers, wie gaan Vrydag-aand kom, en laat hoor ons julle voorstelle vir volgende week.
Johan
Vrydag-aand en ons nuwe kaart
May 15, 2007 on 11:45 am | In Nuus, Ontmoetings, Kyk na die ! | 26 CommentsOns gaan weer Vrydag-aand ontmoet, en ek hoop om julle almal te ontmoet / of weer te sien.
Ons gaan ontmoet in die Prince of Wales Pub in Wimbledon. Die Pub is reg ootkant die uitgang van die Stasie (SW Trains se uitgang)
As julle gaan kom, stuur ons asb n email, en ek sal my mobile nr vir jou stuur, sodat ons nie mekaar misloop nie.
Ons nuwe kaart:
Ek het ook vir ons n kaart opgesit, so gaan druk jou merk daarop, sodat ons kan sien waar in die wereld jy is. Kyk on “Kaart / Map” aan die bokant van die blaai. Click daarop, en dan click op “Add myself”.
So, hoop om van julle te hoor / te sien Vrydag-aand.
Walkabout in Wimbledon - Vrydag aand die 10de
May 10, 2007 on 7:56 pm | In Nuus, Ontmoetings, Kyk na die ! | 10 CommentsRight, as jy nie die email gekry het nie, beteken dit dat jy nie op die mailing list is nie, so maak n plan, en stuur n email sodat ons jou kan insluit daarop - anders gaan jy nie weet wat aangaan nie.
Ons was glad te lank te stil gewees, en daarom het ek besluit om sommer n samekoms more aand (Vrydag, die 10de Mei) te probeer reel in Wimbledon. Ek stel voor ons gaan na die Walkabout (link) toe, drink n bier of 2, en kry weer die Koffiekroeg aan die gang !!!!!!
So, dis nou oor na julle toe. Ek weet die kort kennisgewing, maar ek is seker n paar van julle sal n plan kan maak, en kom gesig wys.
Laat ons weet as julle kom, of enige vrae het.
Sien julle more aand !!!!!!!
Johan “Klei Lat” de Vries !!
Koos Kombuis by Aardvark, 5 Mei
April 30, 2007 on 11:14 am | In Nuus | 5 CommentsDie legendariese Koos Kombuis kom saterdagaand Aardvark speel. Kaartjies is nog beskikbaar op Sanza.
Ons potgooi is gegooi!
April 7, 2007 on 10:24 am | In potgooi | 18 CommentsGister het Johan, Margie en ek ‘n potgooi gemaak waar ons oor ‘n groot maat dinge gepraat, so gaan na die Moddereiland Potgooi en laai dit af. Ons het ‘n lekker tyd gehad en ‘n paar drankies gekry wat begin verduidelik hoekom ek ‘n bietjie dronk en soms deurmekaar klink!
Alexander
Afrikaans London Potgooi
April 4, 2007 on 6:55 pm | In Nuus | 8 CommentsEk maak die naweek n potgooi oor Afrikaans London, met Alexander en Margie as gaste (wat gaan kom saam gesels).
So as julle enige vrae het, of dink daar is iets waaroor ons moet gesels, laat weet my, en ek werk dit in die program in. My epos adres, admin (by) potgooi eu
Dis dit vir eers, en ondou om na die potgooi af te dryf, en te luister.
Afrikaanse musiek
March 19, 2007 on 5:44 pm | In Kyk na die !, Musiek | 14 CommentsVir die van julle wat in Afrikaanse musiek belangstel ( ek praat nie van die soetsappige goed nie), kan gerus na www.rhythmrecords.co.za gaan kyk.
Ek het gister al 3 Abel Kraamsaal CD’s gekoop, en dit het my ZAR 200 gekos (omtrent GBP 18), wat regtig n winskopie is.
Jy reg op die werf, kies jou CD’s of enkel liedjies (vanaf ZAR 6 elk per lied - weereens 50 pence elk !), betaal daarvoor met jou krediet kaart, en dan dryf jy dit af na jou rekenaar toe, en speel dit …. so maklik.
Ek is regtig baie beindruk deur hulle.
Johan “Klei Lat” de Vries
Ons nuwe webblad en ander nuus
March 18, 2007 on 11:38 am | In Nuus | 20 CommentsBaie dankie Johan (link) wat hierdie nuwe webblad geskep het. Daar’s meer werk om te doen maar ek dink julle sal stemsaam wat dit lyk baie beter as my vroeër poging!
Volgende naweek wil ek To Catch A Fire (link) sien, so laat my weet of jy ook wil kom. Ek sal ‘n epos aan almal uitstuur.
Alexander
afrikaanslondon is lewendig !
March 15, 2007 on 9:04 pm | In web werf | Comments OffDie “beta site” of “beta werf” (om eg Afrikaans te praat), is klaar, en die nuwe Afrikaans London werf is op die net gesit, en is nou lewendig.
Nog n paar klein goedtjies wat wat nie 100% werk nie, maar ek sal daaraan werk die naweek. Die hoof ding is dat die Afrikaans London werf nou lewendig is, en van nou af net gaan groei.
Ek sal van tyd tot tyd Alexander help om aan die werf werk, goed te verander, ens, ek het my eie werf (link) wat my besig hou, maar Alexander vat nou weer oor, en sal die werf update met posts ens. ens.
So laat weet Alexander wat julle dink, en enige comments (goed of sleg) sal hoog op prys gestel word.
Dis dit van my af ……… geniet dit werf.
Johan de Vries
Powered by WordPress with Pool theme design by Borja Fernandez.
Entries and comments feeds.
Valid XHTML and CSS. ^Top^