Nog ‘n jaar in Afrikaans

Gister ontmoet ek ‘n Afrikaans vriend vir ‘n bietjie lunch en tee en dit was goed om ‘n kans te hê om oor Afrikaans te gesels. Deesdae praat ek amper geen Afrikaans nie en dit laat my terug oor die afegelop jaar kyk en dink oor hoe ek Afrikaans probeer om te gebruik.

Ek het boodskappe aan ‘n paar Meetup groepe gestuur maar het geen sukses gehad nie. Ek wag op ‘n lid van een groep te word en die ander groepe is baie stil of dood. Ek vermoed nou daar’s baie min mense wat in Afrikaans belangstel, veral onder jonger mense. Die ouder mense het na die voorstede verhuis en het nou kinders en het gewoonlik ‘n bietjie verbrits – kry burgerskap en ‘n kring Londense vriende ensovoorts.

My vriend het nou ‘n seuntjie en is weer swanger en ons gesels oor die onderrig van die taal aan ‘n jong kind. Afrikaanse ouers in die buiteland is soms ‘n biejtie vreemd na my mening want hulle aandwing dikwels nie op die onderrig van die taal aan hul kinders nie so sê my vriend. Ek ken meer mense wat Afrikaans nie aan hul kinders geleer het as dié wat só gedoen het nie. Sommige hou miskien nie van hul moedertaal nie, sommige dink dit gee geen voordeel as hul kinders praat nie, sommige dink dis net makliker om na Engels te verwissel. Ek weet nie die redes nie.

Hierdie staanpunt lyk baie vreemd; veel mense in Brittanje praat hul moedertaal, dikwels ‘n kleiner taal, met kinders by die huis maar die kinders praat Engels soos hul moedertaal. Hierdie kinders is nie deurmekaar nie. My vriend wil hê dat haar kinders Afrikaans praat so gesels ons ‘n bietjie daaroor. Ek sê altyd dis goed vir kinders om die geleentheid te kry om ‘n ander taal van kleins af te leer ken.

‘n Ander ding waaroor ons gesels is die blog toneel. ‘n Paar jaar gelede was daar veel blogs en bloggers, mense soos ek wat oor hul nuus en gedagtes in Afrikaans skryf en deel met die internet. Nou blog min mense – of ek vind baie min blogs veral in Brittanje. Ek merk hoe mense begin blog en dan skielik gee op blog. Gewoonlik as ek hul blog gevind het, het hulle reeds veel poging gemaak om hulself te bevorder deur verskillende sosiale media, tags en hashtags, skakels aan die populêre webblaaie en blogs.

Ek verstaan nie hoekom hulle verdwyn so vinnig soos hulle verskyn het nie. Dis dieselfde met al blogs oor enige onderwerp; hulle vlam kortliks soos ‘n meteoor voor hulle uit brand. Het hulle net nou besef dat die blog sal nie immer groei nie? Het hulle nie geweet dat hulle baie besig sal wees as hul leserskap wil behou nie? Het hulle in die werklikheid niks om te sê nie? Sou hulle verkies om populêr aanlyn te word – ‘n internet persoonlikheid en eienaar van ‘n gewild webblad – dan om ‘n kampvegter vir die taal te word? Dit pla my want ek geniet om ander Afrikaans skriftes te lees so wanneer hulle verdwyn verloor ek ‘n webblad waarvan ek hou.

Ek blog nou al agt jaar lank en die blogosfeer is baie stil. Min mense besoek en minder mense los kommnetaars. Ja ek is ‘n bietjie teleurgestel maar op die ander hand skryf ek vir myself. Dis ‘n weg om te oefen. Dis amper die enigste geleentheid ek het om die taal te gebruik voor ek alles begin vergeet.

Deur te skryf bydra ek na die Afrikaanse geskrifte? Die antwoord is beslis nee so wonder ek hoe ek voordeel. Soms voel ek soos ‘n ruimtetuig wat in die uitgestrekte ruimte vaar en elke af en toe saai ek ‘n eensame gereelde ping uit om ander Afrikaanse lewe te vind. Ek sê nie dat my blog soos die Voyager Goue Plaat is nie maar soos Voyager tot dûsver beantwoord niemand.