Dis 2010 en ek wil op vakansie gaan

Dis nou Februarie en ek dink en moet op ‘n meer gereelde basis skryf. Januarie is altyd ‘n moeilike maand. Gewoonlik het niemand geld nie want hulle word voor Kersfeers betaal, behalwe ons in die staatsdiens wat op die einde van elke maand betaal word. Ook soos ons almal ervaar het, was die weer soms verskriklik – net koud, sneeu, reën. Nie die beste tyd om uit te gaan paartie nie.

Maar nou, nou is dit Februarie en nou begin die nuwe jaar. Dit raak nou warmer en ons begin nou planne vir die jaar maak. Vanjaar wil ek na ‘nuwe land toe gaan, een wat ek nooit vroeër besoek het nie. Een plan is om Gibraltar, Spanje en Marokko te besoek, net vir ‘n pae daar maar genoeg om die lande ‘n bietjie te sien en om weg te geniet wees. Een ander plan is om die ou Joego-Slawië te besoek, veral Bosnië-Herzegowina, Kroasië en Montenegro. Ek het onlangs ‘n paar boeke oor die geskeidenis van die lande en die burgeroorlog, veral Joe Sacco se uitstekende Safe Area Goražde, en wou graag per trein deur die lande ry; ek het na universiteit ‘n bietjie interrail gedoen maar ons was arm, dom en goths so het ons net die son vermy! Ek is nou ouer en het meer geld so hopelik sal ek nou weet hoe om dit beter te doen. Ek het nog nie ‘n rybewys nie so kan nie ‘n motor huur nie tensy ek ‘n reis tjommie kry. Volgende maand gaan ek ook na Las Vegas toe want my vriend word getrou. Dis net vir vier dae en dis ‘n bietjie duur maar dit sal baie cool wees om haar weer te sien en om met haar bende uit te hang.

Toe ek kind was, het ons veel oorsee gebly en het ook dikwels verhuis weens my pa se werk. Dus toe my vriende het net in Guildford of Londen gebly het ek in die vakansie na VSA of Duitsland of Hong Kong of Saoedi-Arabië toe gegaan, ‘n nuwe huis in ‘n nuwe land. As ons in VK was, was dit of suid Engeland of noord Skotland. Dit was altyd baie opwindend en ek is dankbaar dat ek soveel kon ry maar nou is om weg te gaan nie belangrik vir my nie en seker nie so belangrik soos vir vriende nie. Vriende gaan reis (maar my vrou sê “travel” beteken net “long holiday”) en dis baie interessant om te hoor wat hulle gedoen het, waarheen hulle gegaan het en wat hulle ervaar het. Een vriend het alleen vir vier maande in Sjina gereis en het reusagtige stede besoek wat one nooit gehoor het nie en het met arme Sjinese families gebly, wat hom wou ontmoet en wou hê dat hy by hulle kuier. Dit was nie die tipiese western se vakansie nie en ek was baie beïndruk en ook ‘n bietjie jaloers dat hy dit gaan doen het. Dit klink ‘n interessante weg om ‘n vreemde land en kultuur te ervaar en leer ken. Dis die tipe vakansie ons almal droom om te doen, maar te selde doen ons dit.

Ek het nou 15 vakansie dae wat ek voor Mei moet neem so sal April die maand wees om weg te gaan so nou moet ek ware planne begin maak en moet uitvind of my vrou saam wil kom. Ek twyfel dit, sy hou nooit van my vakansie idees nie so ek kan nie sien dat ons binnekort na Suid-Afrika toe sal gaan nie. Ek vermoed ons sal net na Calais toe vir die dag gaan.

4 thoughts on “Dis 2010 en ek wil op vakansie gaan

  1. christine

    Calais vir die dag? Nee fok man! (Soos Wikus sou seg.) Jy’t net nie jou idees goed genoeg verkoop nie. Dit klink alles baie cool. Veral Montenegro, en Marokko.
    Toe ons klein was, het ons altyd by dieselfde plekke vakansie gehou en dit was erg frustrerend. Nou’t ek ‘n groot behoefte om te reis, maar vind Suid-Afrika bly maar net die lekkerste (veral as ‘n kuur vir die mislikste winter in menseheugenis). Ek dink jy ‘moet’ SA toe gaan om die World Cub vibe te beleef. Jy weet mos jy gaan spyt wees as jy dit nie doen nie!

  2. Alexander Post author

    Ek sal beslis spyt gaan wees as ek nie gaan nie. Ek weet nie, dit hang ‘n bietjie af of ek ‘n reis tjommie kan vind om saam te gaan en ek sal kuierplekke moet reël.

    As kind het ons baie selde op vakansie gegaan, ek onthou net een of twee so ek is gewoond aan om nie dit te doen nie. Ek is bly net om oor lande te leer, ek het geen wander lust nie.

  3. VerdantSF

    Ek stem saam met jou oor Januarie. Dit gee my altyd ‘n hoofpyn! Ierland, VK, Nederland, Japan, en Suid-Afrika is die lande wat ek wil besoek. Een van die dae. Sterkte met jou vakansie planne!

  4. Alexander Post author

    Tommy, ek het nooit Ierland besoek nie so wil ek ook hieride jaar na Dublin en Belfast toe gaan. Jy moet beslis na Suid-Afrika en Namibië toe gaan om Afrikaans te praat, baie mooi en nie te duur nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam