Die vyf beste gigs

Verlede week was ek in die kroeg met ‘n paar vriende en ons het gevra wat was die beste gigs wat ons bygewoon het. My vyf beste was:

  • The Sisters Of Mercy, Las Vegas 2006. Die band se 25de verjaardag gig in The House of Blues. Twee vriende is na twee minute uitgegooi want sekuriteit in Amerikaa is nie so cool soos in Europa nie
  • The Sisters Of Mercy, Leeds 1996. ‘n Geheime gig in ‘n kroeg en die band se eerste na drie jare. Fantasties
  • Guns N’ Roses, Faith No More en Soundgarden, Wembley Stadium 1992. My eerste keer in Wembley. Brian May van Queen het twee liedjies saam met hulle gespeel. Ongelooflik
  • Monsters of Rock 1991. AC/DC en Metallica het gespeel. Ek was maar 16 en kan nie glo dat my ouers my alleen laat gaan het nie
  • Iron Maiden en Anthrax, Wembley Arena 1990. My eerste gig toe ek 15 was en ek het my sitkaartjie vir staankaartjie omgeruil. Toe het alles verander!

Daar’s ‘n tema nè. Laat my weet wat joune is.

5 thoughts on “Die vyf beste gigs

  1. christine

    1. U2 by Groenpunt Stadium, 1998 – my eerste groot gig op die rype ouderdom van 23. Die wag was die moeite werd.
    2. Weer U2, maar diekeer by Croke Park in Dublin in 2005. Ongelooflike show. En ons het toevallig reg lans een van die ramps beland.
    3. James by Brixton Academy, 2008 – het ‘n photo pass gehad vir dié een, en dit was boonop ‘n fantastiese gig. EN Larry het my na die tyd ge-email. Ons is nou beste vriende.
    4. Faithless by Brixton Academy, 2005/6(?)
    5. ‘n Solo gig van I am Kloot se John Bramwell by The Social, 2004/5(?) OF Arcade Fire by die ULU, 2005.
    Mmmmm. Ek dink Johnny wen met ‘n kortkop.

    Ek het sommer vir Steven wat oorkant my sit by die werk ook gevra. Dalk was jy by van hierdie gigs.
    1. Curve, Shepherds Bush Empire 98
    2. NIN, O2, 09
    3. Cure, Wembley Arena, 2000
    4. Faith no More – Cambridge, 98
    5. Senser, Camden, 09

  2. Alexander Post author

    Goeie lys. Ek gaan na omtrent twee gigs toe elke maand so soms is dit moeilik om te onthou. The Cult was baie cool en The Sisters Of Mercy in België en Duitsland is altyd fantasties. Die slegste? Ek moet dink.

    Sê vir Steven dat sy lys baie cool is. Ek was ook by NIN in O2 vanjaar, ongelukkig het nooit Curve gesien nie, het FNM op drie keer gesien en het Senser in 1994 in Leeds gesien.

  3. christine

    Ek dink nou aan ‘n lys van die mees teleurstellende gigs – gigs wat baie belowend gelyk het, maar nie die paal gehaal het nie.

  4. Sybrandus

    Geen kommentaar oor gigs (maar Rolling Stones in Joburg 1995 was fantasties). Net om te se dat ek die webruimte geniet. Voorspoedige feestyd!

  5. Alexander Post author

    @Sybrandus, dis goed om weer van jou af te hoor en dankie dat jy lees. Ek hoop alles gaan goed in Kaapstad met jou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Protected by WP Anti Spam