Daily Archives: 31/07/2025

Nog ‘n jaar en nog ‘n Spoegwolf konsert in Londen

Oor die jare ná die pandemie, kom Spoegwolf elke sommer na Londen om ‘n konsert te speel. Vrydagaand is iokaal is nie in Camden nie dus ‘n bietjie verder van die naglewe en kroeë. Dus volg dit dat die skar ouer lyk en nog minder cool of minder dronk as dié by die konsert van Fokofpolisiekar in Junie. Daar was seker minder mense en die balkon was geslote. Op die ander kant, verkies ek die lokaal wat meer ruimte het sodat mense kan sit en gesels. Dis Vrydagaand en die atmosfeer voel vriendleik en klompie vreemdelinges het aan mekaar gesels en nuwe vriendskap maak.

Spoegwolf speel in Londen

Spoegwolf speel in Londen

Wat van die musiek? Ek ken nie Ryno Velvet se musiek nie maar hy speel ‘n gitaar en ‘n skoptrom terwyl ‘n vrou sing. Is sy musiek tipies van die platteland, ek weet nie. Dis seker meer akousties en, na my mening, meer country wat miskien populêr is. Hy kan goed sing en die twee musikante sing ‘n Fokofpolisiekar liedjie wat die hele kamer goed ken.

Spoegwolf is enigmaties. Die sanger laat my na die nar in Paljas dink. Hy skop sy been hoog in die lug soos Johnny Clegg en skeur sy hemp en gooi water oor homself. Ek het vroeë beskryf dat hulle rock musiek uit ‘n warm land speel en op die aand dink ek aan Men At Work en aan hoe mense oor Australië in die 1980s gedink het. Die band weet goed hoe om melodies te skryf. Jy kan saamsing en dans, en hoewel hulle nie so cool soos Fokofpolisiekar is nie, lyk hulle meer populêr onder vroue in die skare. Dis nou en trasdisie en ek sien na die konsert in Londen in 2026 uit.

‘n Week later het ons na The O2 gegaan om Judas Priest en Alice Cooper to kyk. Ons het laat aangekom en daar het twee outjies langs ons gesit wat deur die hele gig gestaan het. Ten spyte van die lawaai het ek hulle hoor praat en ek herken ‘n Suid-Afrikaanse aksent. Intussen die twewe bands het ek ‘n bietjie met hulle gepraat, wat uit Johannesburg kom. Hulle was heelemaal baie verbaas toe ek Afrikaans begin praat sonder ‘n waarskuwing. Fetlik die gesigte was ‘n skildery toe hulle my hoor praat het! Vir my was dit baie pret om te gesels en oor Suid-Afrikaanse musiek te praat en idees en om aanbevelings te gee. ‘n Mens kan oor die hele werêld reis, maar nes ‘n jong wat ‘n heavy metal t-shirt dra sal jy altyd sonder moeite Afrikaans vind.