Tag Archives: Afrikaans musiek

Meer musiek in Londen

Verlede week het ek ‘n konseert van Francois van Coke en Karen Zoid in Londen bygeweoon. Hierdie jaar het nour ek na drue Afrikaans musiek konserts in Londen gegaan. Dit is seker iets wat ek baie waardeer, sonder om na Amsterdam te moet ry alhoewel ek altyd die reis geniet. Die lokaal is klein en nie so vol soos die Fokofpolisiekar gig nie, maar dis vrydagaand wat die rede lyk te wees.

Ek het Karen Zoid vooraf gesien op die legendariese Immergroen muskiekfees, ‘n ervaring dat nooit vergeer sal word nie. Ek lees my artikel of resensie en daar dieselfde staanpunt bly; sy praat-praat tussen die liedjies in plaas daarvan om meer liedjies te sing en ek verkioes die Afrikaans liedjies bó dié in Engels. Maar vir die publiek, wat blyk amper heeltemal Afrikaans te wees, is sy legendaries en ‘n ikoon.

Francois van Coke en die Gevaar

Francois van Coke en die Gevaar

Vaanaand is die dertiende keer toe ek Francois van Coke sien sing het, op sy eie of me Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar. Hy lyk nou jonger of meer gesond as twintig jaar gelede toe ek op die eerste keer Fokofpolisiekar gesien het. Die lewew is goed vir hom; hy is vol energie, hy spring op die verhoog en hy gesels ook met die publiek. Sy solo liedjies voel miskien meer pop as dié van VCK of FPK. Dis nie so hard nie, die melodies is anders en die musikante in sy band, die Gevaar, is jonger. Die twee sangers het ‘n paar liedjies saam gesing, die groot treffers wat almal ken. En toe is alles verby,

Dit lyk ‘n bietjie vreemd dat musikante wat groot sterre in hul eie land is, amper heeltemal onbekend is in Londen. Op sosiale media sien jy hulle soos toeriste in die stad rondloop en foto’s neem sonder dat die ander toeriste en Londenaars hulle herken. Anoniem miskien, maar dis beslis ‘n goeie bederf vir ons.

Jy wag al jare lank voordat een Afrikaans band om te kom speel, dan kom ‘n band speel

Wie is Spoegwolf? Ek het myself só gevra toe ‘n vriend vra of ek hulle wil gaan kyk. Hoe het ek nie al geweet dat ‘n Afrikaans rock band na Londen kom nie? En hulle speel in Camden, die hart van die cool buurt van die stad met al die bars vol musiek en drinkers.

Spoegwold speel in Londen

Ek staan by die bar om ‘n paar drankies te koop en ek luister na almal wat gesels. Ja hulle is jonger as ons en hulle praat graag Afrikaans met vriende, met nuwe vriende wat hulle net nou gemaak het, en met vriende wat hulle nie vroeër geweet het dat nou ook in Londen bly nie. Dis ‘n plesier om so ‘n gebeurtenis by te woon. Die pandemie is ver weg en die recessie is nog nie op die horison nie.

Wat van Spoegwolf? Ja ek het dit baie geniet. Mense skryf dikwels oor energie of gees of soiets en ek is onseker soms wat hulle bedoel. Maar hulle speel liedjies wat die crowd laat sing en dans. Hulle is meer melodies dan ek verwag het. Hulle klink nie soos die Britse of Amerikaanse indie rock band waarna ek gewoon luister nie. Hoe beter kan ek beskryf? Na my (baie onbepaalde) mening, klink hulle soos ‘n outback band uit Australië. Natuurlik klink hulle anders weens Afrikaans, maar hulle klink soos rock musiek uit ‘n warm land. Daar’s duidelik ‘n goeie rede hoekom ek g’n musiek joernalis is nie, nè?

Ek is baie gelukkig dat ek besluit het om te gaan. Afrikaans musiek, ‘n nuwe Afrikaans band om te luister, en die kennis dat daar nog veel Afrikaanssprekers in die stad is.